Die Johannesburgse metropolisie (JMPD) het Dinsdag sy snelweg-eenheid ontplooi om die N12 Noord en Suid naby Lenasia te patrolleer nadat hulle inligting ontvang het dat motoriste deur misdadigers geteiken word.
Luyanda Longwe, woordvoerder van Michael Sun, Johannesburgse burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, het gesê patrollies word nou verskerp op ʼn gedeelte van die snelweg omdat oortreders voertuie op die pad glo met klippe bestook. “In sommige gevalle word klippe selfs van die brûe af gegooi,” het Longwe gesê.
Wanneer die voertuie dan tot stilstand kom, word die insittendes beroof en aangeval.
“Inwoners en motoriste moet waaksaam wees en enige verdagte aktiwiteite by die JMPD (011 375 5911) of die SAPD (10111) aanmeld,” het hy gesê.
“Die JMPD sal saam met ander wetstoepassingsagentskappe werk om seker te maak dat die skuldiges aan die pen ry. Ek doen ʼn beroep op die publiek om na vore te kom met enige inligting wat kan help om hierdie misdadigers vas te trek,” het Longwe gesê.
Liewe hemel tog hoe moet ons by die werk kom? Die mense het mal geword.
Stem saam !!!!
Hoekom sal jy tot stilstand kom as jy met iets gegooi word… dan moet jy juis vet gee en weg kom, veral op ons snelwee, as jy n pap band het en jy moet hom om draai dan bid jy dat jy dit gaan kan reg kry sonder om beroof te word, maak nie saak waar jy is
Ons hoor jou Wagter(wagter nogal) Hoekom het julle mense nie al vuurwapens en goeie opleiding om dit te gebruik nie?