Polisie waarsku teen kitsbank-slenter

Argieffoto

Argieffoto

Speurders van die Suid-Afrikaanse polisiediens het die publiek bedag gemaak op ʼn slenter wat daartoe lei dat kontant uit gebruikers se bankrekeninge gesteel word.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het gesê dié bedrog vind plaas deur die skandering van kaartkodes by kitsbanke.

“Daar is glo vier sake aangemeld waar kontant vanuit niksvermoedende gebruikers se rekeninge onttrek is ná hulle hulp van vreemdelinge by kitsbanke aanvaar het,” het Mophiring gesê.

Die mense het glo eers agtergekom dat daar geld uit hulle rekeninge onttrek is toe hulle ʼn SMS van hulle onderskeie banke ontvang het.

“Wees dus versigtig en aanvaar of vra net hulp van sekuriteitsbeamptes of ander beamptes wat wel in diens van die bank is,” het Mophiring gesê.

Mophiring het mense gemaan om versigtig te wees vir vreemdelinge wat hulp aanbied by kitsbanke en liewer hulp van die hand te wys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Bets Bothma ·

Ek hanteer ons banksake, Internet Banking, vanuit my kantoor – alle voorsorg is getref. Ons het 1 rek nommer ny ABSA waarmee ek ingaan op Internet Banking en al die ander rekeninge /verbande/kredietkaarte is aan die nommer gekoppel. 4/3/17 het my selfoon probleme begin gee, No Network, kon nie bel of smse stuur of ontvang nie. 6/3/17 selfoon ingeneem en n simswop gedoen en toe sommer kontrak hernu. Moes 12 ure wag vir opgradering&simswop om te aktiveer. 7/3/17 toe ek betalings wou maak, is R68000 uit n access verband intern oorgeplaas na die spaarrek en daarvandaan na omtrent 15 verskillende rekening oorgeplaas, almal bedrae onder R6000 en na snaakse name, terselfdertyd is R60000 uit my kredietkaart oorgeplaas, ook na spaarrek en weer uitbetaal aan al die snaakse naam rek, alles onder R6000 bedrae. My modes operandi op my ABSA rekeninge is 100% gevolg en NET ek werk met rekening en ek kry smse vir die spaarrek en krt rek, maar omdat my selfoon nie gewerk het nie, het ek geen smse gekry van beweging op my rekeninge nie. Eers toe die simkrt 7/3/17 weer geaktiveer is, het ek smse kon ontvang. Hoe gebeur dit as my selfoon NET in my besit is en my kantoor NET deur my gebruik word, ek werk vanaf die huis sluit ALTYD as as uitgaan. ABSA het epos gestuur dat n bedrog agent ons sal kontak – ons wag. Die krt was nie gebruik nie, want hy het einde Feb verval en ek het nuwe een eers 3/3/17 by ABSA gaan afhaal.

Eben Kitching ·

Die probleem is dat MTN kantore word deue ‘n franchise besit. Daar word baie swak audits en rekords gehou en al jou inligting beland in boewe se hande wst kontakte in die bank het. Hierdie dinge het al baie tussen ABSA en MTN plaasgevind en ek weet van gevalle waar die bank die verliese self dra en jou net vra om ‘n stilswye verklaring te maak inruil vir jou geld. Die tipe goed krap mens geweldig om en mens se hande is afgekap. Wees net gerus dat jy ‘n sterk saak het solank ad wat jy weet dat jy alles in jou vermoeë gedoen het om voorsorg te tref.

Danie Jacobs ·

Ons moes verlede jaar in Okt al die nuwe dokumente soos vereis deur FICA, voorsien. Nadat dit hoevele male per E-Pos gestuur is, het ek ten einde raad na ABSA toe gery en dit fisies ingedien.
Wat my nou spraakloos laat, is die vraag oor hoe daar geld uit my rekening na ‘n ander persoon se rekening ( hou FICA in gedagte ), oorgeplaas kan word, en dan word gesê hulle weet nie wie die skuldige is nie. HOE IS DIT MOONTLIK?????

Hendrik ·

Ai mense, hoeveel maal moet dit nog gesê word?

MOENIE ….. HULP…. VAN…. VREEMDES… BY … KITSBANKE …. AANVAAR … NIE..

Lees asb dit stadig 2 maal, en onthou dit as jy by n kitsbank is.

Kanselleer die transaksie waarmee jy besig is onmiddelik as jy onveilig of ongemaklik voel..

REAList ·

En toe gebeur dit gister met my vrou.
‘n Swart hand het van agter in ‘n oogwink verby gekom en die kaartjie is geruil. Sy het dit vinnig agter gekom, die bank in en die kaart gestop. Maar in daardie tyd is R2000 getrek by ‘n ander bank se atm aan die anderkant van die groot gebou.
Die funnies is:
Die kassiere het my vrou vertel die kaart is gestop maar die bedrogafdeling sê sy kan dit nie doen nie. Die tel boodskap op hulle lyn sê jy moet die internet app gebruik vir dit.
Hoe het hulle dit reg gekry om die atm masjien mee te peuter?
En het ek ‘n sms binne 30 minute gekry wat my ingelig het dat my bank kontak nommer verander is.
Die hele storie ruik vrot….

Andre Kruger ·

Ek stem volkome saam met jou. Hierdie skema was al in gebruik toe ek nog hare op my kop gehad het. Ons lewe in ‘n tyd wat jy wakker moet wees en nie in jou slaap te loop nie !

LB S ·

En WEES … OP…JOU…HOEDE….AS… JY…’n …SIMSWOP…GEDOEN HET! En as jy NIE gevra het vir ‘n SIMSWOP nie, RAPPORTEER DIT ONMIDDELIK aan die BANK

Elsa ·

As polisie bewus is van die kitsbankbedrog, waarom word daar nie opgetree en alarmknoppies en sekuriteitskameras aangebring by elke kitsbank nie?..hoe koeilik kan dit dan wees, ai doen net iets om kliente te beskerm, ons betaal reeds baie kostes

Randie ·

Bets, daardie klink na interne werk by die Bank dalk… hoe anders het die persoon nuwe begunstigdes geskep sonder om per sms n OTP te kry? Genade sterkte. Volg op en moenie dat hulle daarmee wegkom nie.

Mielie ·

Jy aanvaar GEEN hulp van enige iemand Nog minder van sekuriteit. Ek weet van gevalle waar mense hulle voor doen as bank amptenare en mens se geld steel. Bets ek wens maatskappye soos MTN kan meer verantwoordelik gehou word nes die Banke. Wat doen hierdie maatskappye om hulle kliente te beskerm.

Slim ·

Wees slim en sluit julle rekening by absa en mtn ek het dit 2 jaar gelede gedoen omdat ek al die problem lees wat daar al gebeur het .

Hennelie Rust ·

Slim,ek stem saam.Het julle al oorweeg om met die nuutste tegnologie op beskerming,’n veilige rekening by CAPITEC oop te maak. Nee wat daar kan hulle vergeet.Geen amptenaar sal en kan inkom op jou rek. nie want geen amptenaar mag in jou afwesigheid ingaan ,of kan ingaan op jou rekening nie.Wil nie hier alles verklap nie. Hulle vars nuwe stelsels is veilig.Die ou tradisionele banke het nie tred met die tegnolosie veiligheid gehou nie,daar is nog groot tekorte waar gate is!Vir die wat nie weet nie, dit is ook ‘n bank eie net aan Suid Afrika,Oorsprong,Stellenbosch,en vriendelike hulp in Afrikaans .

SARIE VAN HEERDEN ·

JA ALIDA, alweer Absa! Daar was R360,000 van my Absabelegging wat ek wou hernu gesteel. Ek het self die skuldige opgespoor maar baie slim van my , en het NIKS met die Absa bestuurder persoonlik bespreek as hy my daarom gevra het nie. Wat ons vir mekaar wou se is gedoen dmv e-pos om te verhoed dat daar ‘n “EK SE, HY SE” situasie ontwikkel. Ek het NIE die saak by die polisie aangegee nie maar direk die geld van Absa ge-eis. So het ek ‘n been gehad om op te staan en my geld na maande teruggekry. Om met Capitec besigheid te doen en internetoorplasings wil doen verg baie geduld want hul sekuriteit is omtrent ondeurdringbaar. Ek is doodgelukkig by Capitec en luister geduldig na al die probleme van my vriende wat nog by Absa is.

SARIE VAN HEERDEN ·

Hennelie Rust, Capitec is ‘n uitvloeisel van PSG en kyk net die vinnige opgang wat die bank nie gemaak het nie! Hul sekuriteit tov oorplasings, ens. van jou fondse is omtrent ondeurdringbaar.

Carin Williams ·

Ja dit het laas jaar met my gebeur. Ek het vir niemand hulp gevra nie. Die kitsbank skerm was in n vreemde taal. En raai wat se ABSA hulle gaan nie die geld wat uit my rekening gesteel is terug betaal nie. R2000.00 is baie vir my. Hulle trek maar hulle skouertjies op. Het n verklaring af gele binne die bank ook, en na n paar weke is daar vir my gese die saak is gesluit. Ek wag nou nog vir die brief van ABSA af om te se hoekom die saak afgehandel is en hulle nie my geld terug betaal het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.