Polisie waarsku teen nuwe skelmstreek

Argieffoto: https://pixabay.com

Die Vrystaatse polisie is op die spoor van ’n verdagte nadat ’n nuwe modus operandi vir die steel van motors in die omgewing van Harrismith kop uitgesteek het.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag in ’n verklaring gesê vier gevalle is reeds in die omgewing van Harrismith aangemeld waarin die vermeende motordief homself as ’n motorwerktuigkundige voordoen.

“Die verdagte sal die motoreienaar byvoorbeeld vra wat fout is met die motor waarna hy versoek om die motor vir ’n toetsrit te neem. Die verdagte ry dan weg met die motor en keer nooit weer terug nie.”

Volgens Makhele is die verdagte meestal isiZulu-sprekend.

“Gemeenskappe in Harrismith en aangrensende gebiede word gewaarsku omtrent hierdie nuwe metode waarmee die verdagte motors steel.”

Makhele doen verder ’n beroep op die publiek om enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagte by ao. Daniel Lebuso Motuang van die Phuthaditjhaba-voertuigmisdaadondersoekeenheid by 079 520 4310 aan te meld.

Dié verdagte word gesoek in verband met motordiefstal in Harrismith. (FotoL SAPD)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Stefan ·

Dis dieselfde slagoffers wat ook geld ‘belè’ teen 20% per maand.

Misky ·

Die skelms kom ook vorendag met die slinkste en slimste skelmstreke. Ons “gewone eerbare” mense, sal nooit so skelm kan wees of eers aan sulke dinge dink nie.

Danie ·

Skreeusnaaks.
Die eienaar stem in tot ‘n toetsrit terwyl hy staan en wag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.