Polisie waarsku teen ‘uiters gevaarlike’ gevangene wat ontsnap

Phumzile Langeni (Foto: Facebook)

ʼn Volskaalse soektog na ʼn ontsnapte gevangene van die St. Albans-tronk in Port Elizabeth is Saterdag deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens van stapel gestuur.

Phumzile Langeni, ʼn man wat ʼn vonnis van 30 jaar vir verskeie misdade soos poging tot moord en sakeroof uitdien, het Saterdagoggend vroeg ontsnap.

ʼn Woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, Singabakho Nxumalo, het aan RSG gesê Langeni het as ʼn skoonmaker in die tronk se ontvangslokaal gewerk. Nxumalo sê Langeni is uiters gevaarlik.

Intussen het die departement van korrektiewe dienste in ʼn verklaring gesê ʼn ondersoek na die voorval is reeds van stapel gestuur.

“ʼn Interne ondersoek is reeds aan die gang om te bepaal presies hoe Langeni daarin geslaag het om te ontsnap. Enigiemand met meer inligting of wat hom gewaar, word gevra om onmiddellik die polisie te bel,” lui die verklaring.

Lede van die publiek word afgeraai om Langeni self te konfronteer. Enigiemand met meer inligting kan die misdaadnoodlyn by 0860 010 111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Scalla ·

Hy het hulp van binne gehad, die deure is selfs vir hom oopgemaak, waaroor nog bespiegel, geen verantwoordelikheid deur die ANC amptenare

toy ·

Soos ek al voorheen gese het, iemand het hom gehelp. Is daar nie kameras wat hul kan sien hoe hy daar ontsnap het nie.

Michael ·

Hierdie klomp doen een ondersoek na die ander pleks om goed in plek te sit wat ontsnappings verhoed

Johann Marx ·

Michael….jy kan soveel “goed” in plek sit as wat jy wil…..Daardie “goed” word deur mense geïnstalleer en beheer….en die menslike faktor hier is wat niemand kan voorspel of beheer nie. Hierdie persoon het nie ontsnap omdat “goed” nie gewerk het nie, maar omdat “iemand” hom gehelp het.

Semaarnet ·

Amen! So gevaarlik en hy is in die ontvangslokaal .. die sirkus se narre teel net aan!!! Maar dis vandat n krimineel regte gekry het dat dinge begin skeefloop het! 5-Ster akkommodasie en n job in reception!

foxi ·

Ag asseblief tog….alle misdadigers wat ‘kampstig’ ontsnap…is gevaarlik!! Wat maak die een so uiters gevaarlik!??

Johan. H. ·

Vra die saps weer die publiek se hulp?? Wat se daaie een van nou die dag dat die saps nie by sivielle inisiatiewe moet betrokke raak nie…..Maar dankie saps vir van julle wat so pragtig jul werk doen,,, Wel ander dankie dat julle darm net daar is,

wynand swart ·

Wie het hom dan toegewys as skoonmaker?? Hy is dan erg gevaarlik. Iewers slaap n haas!!

wynand swart ·

Wie het hom dan toegewys as skoonmaker?? Hy is dan erg gevaarlik. Iewers slaap n haas!!Niks sal gebeur nie.

Phoebe ·

Hoe kan iemand wat 30 jaar tronkstraf kry in ‘n ontvangslokaal werk? Lekker stap net saam met iemand uit!! Hy moes agter tralies gewees het. Eintlik nog beter, moes die doodstraf gekry het vir so baie oortredings – dan was daar nie nou ‘n ontsnapping nie.

Hentie ·

Hoe is dit moontlik dat daar nie eers ‘n behoorlike foto van die misdadiger is nie sodat publike kan help om die ou op te spoor. Nee kom ons gebruik sy FB profiel foto. Derde wêreld land, derde wêreld tegnologie en derde wêreld korektiewe dienste. Lagwekkend

Alida ·

Ontvangslokaal? Genade tog hy moes eerder in die tuin gewerk het agter dubbelle doringdraadheining. Die Korrektiewe Dienste sal moet instaan hiervoor.

Anoniem ·

Nou wie was so slim om ‘n UITERS GEVAARLIKE GEVANGENE in die tronk se ONTVANGSLOKAAL te laat werk? “Inside job”

marous ·

“Mnr Langeni kom asb na ontvangs … jou lift is hier”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.