
Phumzile Langeni (Foto: Facebook)
ʼn Volskaalse soektog na ʼn ontsnapte gevangene van die St. Albans-tronk in Port Elizabeth is Saterdag deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens van stapel gestuur.
Phumzile Langeni, ʼn man wat ʼn vonnis van 30 jaar vir verskeie misdade soos poging tot moord en sakeroof uitdien, het Saterdagoggend vroeg ontsnap.
ʼn Woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, Singabakho Nxumalo, het aan RSG gesê Langeni het as ʼn skoonmaker in die tronk se ontvangslokaal gewerk. Nxumalo sê Langeni is uiters gevaarlik.
Intussen het die departement van korrektiewe dienste in ʼn verklaring gesê ʼn ondersoek na die voorval is reeds van stapel gestuur.
“ʼn Interne ondersoek is reeds aan die gang om te bepaal presies hoe Langeni daarin geslaag het om te ontsnap. Enigiemand met meer inligting of wat hom gewaar, word gevra om onmiddellik die polisie te bel,” lui die verklaring.
Lede van die publiek word afgeraai om Langeni self te konfronteer. Enigiemand met meer inligting kan die misdaadnoodlyn by 0860 010 111 skakel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Hy het hulp van binne gehad, die deure is selfs vir hom oopgemaak, waaroor nog bespiegel, geen verantwoordelikheid deur die ANC amptenare
Soos ek al voorheen gese het, iemand het hom gehelp. Is daar nie kameras wat hul kan sien hoe hy daar ontsnap het nie.
Hierdie klomp doen een ondersoek na die ander pleks om goed in plek te sit wat ontsnappings verhoed
Michael….jy kan soveel “goed” in plek sit as wat jy wil…..Daardie “goed” word deur mense geïnstalleer en beheer….en die menslike faktor hier is wat niemand kan voorspel of beheer nie. Hierdie persoon het nie ontsnap omdat “goed” nie gewerk het nie, maar omdat “iemand” hom gehelp het.
Die tronk se “ontvangslokaal” se alles.