Polisie, weermag volgende ingeënt

(Argieffoto: Unsplash)

Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, sekuriteitswerkers en die weermag sal vanaf volgende week teen Covid-19 ingeënt word.

Richard Mamabolo, woordvoerder van die vakbond Popcru, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig dat die polisiediens en ander veiligheidspersoneel vanaf 5 Julie hul inentings sal ontvang.

“Omdat beamptes onder onbeheerde omstandighede werk, is hulle baie kwesbaar vir die virus. Voordat verder van hulle verwag word om die verspreiding van die virus hok te slaan, moet hulle die nodige inentings ontvang om hulself te beskerm,” het Mamabolo gesê.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het intussen aangedui dat die regering ook die inenting van joernaliste sal prioritiseer. Dié organisasie het Dinsdag in ʼn verklaring gesê hy verwelkom die regering se besluit om joernaliste te prioritiseer in die volgende fase van die nasionale inentingsprogram. Dié sektor sal na bewering kort ná die polisiediens, weermag en personeel van korrektiewe dienste ingeënt word.

Volgens Sanef het die regering hulle Maandag meegedeel dat joernaliste volgende aan die beurt gaan kom om Covid-19-inentings te ontvang. Dié program sal afskop sodra alle mediahuise hul werknemers se persoonlike inligting, ouderdomsgroepe en die streek waarin hul werk ingedien het.

Alle gemeenskapsmedia-instansies reg oor die land, onder wie vryskutjoernaliste, sal ook vorms ontvang wat hulle aan die regering se kommunikasie- en inligtingstelsel (GCIS) moet stuur.

Business Insider het vroeër die maand berig dat die mynbousektor en minibustaxibestuurders ook kort ná lede van die polisie hul inentings sal ontvang.

“Die minibustaxi-bedryf vervoer daagliks duisende mense en stel hulself, kondukteurs en die pendelaars wat in die minibustaxi’s vervoer word, in gevaar,” het dr. Barry Kistnasamy, ʼn verteenwoordiger van die gesondheidsdepartement aan Business Insider gesê.

Kistnasamy het gesê die finansiële, eiendom-, vermaak- en kommunikasiesektor (wat joernaliste insluit) word deur die regering as laeblootstellingsrisiko-sektore beskou. Dié sektore word nie beskou as ʼn sosio-ekonomiese noodsaaklikheid nie, wat beteken dat hulle moontlik laaste in die ry gaan wees om die entstof te ontvang.

Nietemin het Sanef reeds in Januarie vanjaar die nasionale Covid-19-bevelsraad versoek om joernaliste op die lys van noodsaaklike werkers te sit, sodat hulle as sodanig in die volgende fase van die inentingsveldtog geprioritiseer moet word.

“Joernaliste het, soos baie ander noodsaaklike werkers, die afgelope paar maande hul lewens in gevaar gestel om hul verantwoordelikheid teenoor die publiek na te kom. Hulle het van hospitale na klinieke, inentingspersele en massa-byeenkomste gegaan om akkurate beriggewing aan die publiek te verskaf oor die stand van sake in die land,” het Sanef gesê.

Sanef het ʼn beroep op alle media-instansies gedoen om die inenting met ywer te ontvang sodat die regering na die volgende prioriteitsektor kan beweeg.

Intussen wag ander sektore, soos sentrums vir vroeë kinderontwikkeling, ook nog vir duidelikheid van die departement van maatskaplike ontwikkeling of werkers by dié sentrums, soos onderwysers, ook entstofprioriteit gaan geniet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Truth2bfree ·

“Why most people who now die with Covid in England have had a vaccination.”
Soveel as 43%! Lees self die artikel op “The Gaurdian”

Fedup ·

Yes Lanne, unfortunately the truth. But you are not suppose to know it.

Regtigegtig ·

Just google wat he said and you will find the artikel.My cousins daugter work in England and got the wax and had a seizure and her left side of face do not work anymore.

Rosie ·

Ek sukkel om dit te kry, maar ek glo jou. Want enige iets wat negatief is word verwyder daarom is min ingelig

Kobus ·

Miskien moet jy verder lees as net die opskrif. Die artikel wys daarop dat vaccination steeds 96% beskerming bied teen die virus en baie effektief is, maar nie “perfect” is nie, omdat daar steeds n geringe kans is dat jy dit wel kan kry al is jy vaccinated, veral diegene wat ouer is. As jy die steekproef doen onder die meerderheid van die bevolking wat ge vaccinated is, is dit moontlik dat die getal vaccinated gevalle statisties hoog gaan wees. Dit beteken nie dat die entstof nie werk nie of nie beskerming bied nie. Onthou ook dit vat nagenoeg 14 dae nadat die entstof toegedien is om die immuniteit op te bou. Miljoene het reeds die entstof gekry en gaan kyk gerus na die resultate in die lande waar n groot deel van die bevolking ge vaccinate is, die feite spreek vanself. Gaan lees ook die Milwaukee’s sentinel journal artikel in die verband. As jy die entstof kan kry en nie goeie mediese redes het daarteen nie, kry dit, want dit gee jou net soveel meer van n kans.

Regtigegtig ·

Ek weet nou al van 3 mense wat dood is na hul die inenting gekry het en een wat n beroete gehad het. En n hele ouetehuis wat doodlik siek is na inenting.

Kobus ·

Ek weet nou al van meer as 3 miljoen mense wat dood is nadat hulle die virus gekry het, regtigegtig!

Fedup ·

Rather them than me. Me and my husband survived this virus without that vaccine. Keep it, we are not interested at all.

Anoniem ·

Ken baie mense wat inenting gehad het, myself inkluis nie ‘n enkele een siek nie

Regtigegtig ·

Dan is ek bly vir jou maar daar is n persentasie wat nie so gelukkig is nie.

Rosie ·

Sover as wat ek met die wat siek word kan agterkom gebeur dit nie dadelik na die inent nie Koos.

Anoniem ·

3000000000 mense ingespuit wêreldwyd waar is al die dooies en siekes?

Dirk Mostert ·

Hoe klink, “Hy het die owerhede vertrou en die media geglo”, vir jou?

Irma ·

Hoe verklaar dit jy dit dan dat ‘n oenskynlike gesonde persoon net direk na die toediening van die enstof erge asemnood ontwikkel het.

Gogga ·

Nou wil ek weet, wanneer kry ons “gewone mense op straat” dan die inspuiting? Ons wat nog nie eers 40 is nie? Ons wat nog jong kinders het wat afhanklik is van ons? Ons wat nog vir ons gesinne moet sorg? Ons wat ook ‘n positiewe verskil in die beroepswereld maak, al is ons nou nie ‘n onderwyser, polisiebeampte of wat ookal nie? Tel ons gesondheid dan nie? Ek wil nie almal se opmerkings hoor oor hoe “gevaarlik” die inspuiting is nie, ek wil die inspuiting he omdat my gesondheid vir my belangrik is en ek wil graag myself beskerm. Ek het nie gevra dat die virus moet versprei nie, en ek voel hulle moet die inspuiting beskikbaar stel vir die wat dit graag wil ontvang.

Regtigegtig ·

Jou kan reeds jouself beskerm deur jou immunity op te bou drink zink, vit D en C en jy kan ivermactin gebruik voorkomend. Jou immuniteit is sterk genoeg om jou te dra.

Anel ·

Ja, en oor 2 jaar gaan jy onverklaarbaar dood. Wie gaan dan vir jou kinders sorg? As jy gesond lewe, gesond eet genoeg en die regte vitamienes in neem, sal jy nie siek word nie. En hou op paranoïes wees. Bly ek is afgetree. Sal nie gaan vir die gemors nie. Ons is gesond, eet gesond. Was nie elje 10min hande nie en dra so min as moontlik die masker. Ons liggame kty nog steeds kans om op eie imuniteit op te bou. As ons siek voel, bly in die bed vir dag of 3, drink medlemon, suurlemoensap en heuning. Al wat pla is permanente sinus agv masker. So ja, julle hoef nie paranoïes te wees oor inenting nie. Leef julle lewe.

Johan ·

Ek hoop dis lekker DIK naalde om hul terug te kry oor hul bevele vat van n diktatorskap.

Blackies ·

Daar is te min vir die onderwysers waar gaan hulle nog uitkrap vir die weermag en polisie. Onderwysers word weggewys want daar is nie beskibaar nie.

Dirk Mostert ·

Ja vir joernaliste! Niemand verdien die entstof meer as hulle en ander media-personeel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.