Polisie wil MK-lede glo voortrek

Argieffoto: SAPD

Die vakbond Solidariteit het aangekondig hy het ʼn dringende aansoek by die Noord-Gautengse hooggeregshof teen die Suid Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ingedien weens die polisie se beweerde ongrondwetlike en diskriminerende hergradering of bevordering van huidige en oud-MK-lede.

Die vakbond sê in die aansoek vra Solidariteit dat die SAPD alle inligting ten opsigte van die NSF-projek (“Non-Statutory Forces”-projek) blootlê.

Dit volg nadat die polisie glo ʼn proses begin het om sekere militêre veterane selektief onder die NSF-projek te hergradeer en te bevorder.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Arbeidsregdienste by Solidariteit, ontvang slegs die lede wat deel vorm van die niestatutêre magte (of die sogenaamde “vryheidsvegters”) sekere pensioenvoordele en bevorderings of hergraderingvoordele, terwyl lede wat deel vorm of gevorm het van die gewone statutêre magte, soos byvoorbeeld die weermag, nie dieselfde voordele ontvang nie.

Van der Bijl sê voorts dat dié projek neerkom op naakte rassisme en dat dit verdere verdeeldheid in ʼn reeds verdeelde land saai.

“Die projek wat slegs sekere individue van voordele voorsien omdat hy of sy ʼn sekere politieke affiliasie en agtergrond het, kom neer op blatante rassisme en dit kan nie geduld word nie. Dit was nooit die doel van die Grondwet en ander wetgewing nie en dit druis in teen verskeie internasionale konvensies wat deur Suid-Afrika onderteken is,” het Van der Bijl gesê.

Volgens Schalk de Bruin, adjunkhoofsekretaris by Solidariteit, is die vakbond genoodsaak om die hof te nader, aangesien die SAPD stilweg voortgaan met die instelling van die projek.

“Daar word verkondig dat die projek nog in ʼn onderhandelingsfase is, maar die SAPD steur hom nie daaraan nie. Daar is nog glad nie met al die relevante partye, waaronder Solidariteit en sy lede, oorleg gepleeg nie. Dit is weereens vir ons duidelik dat die SAPD slegs ʼn uitverkore groep werknemers se belange bevorder ten koste van ander.  Ons dra die belange van alle loopbaangerigte polisielede op die hart, en daarom gaan ons voort om vir ons lede in die SAPD te veg,” het De Bruin gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sarel swartbrand ·

Soos ek altyd se goed vir niks net gister sien ek hoe twee polisie beamptes in n polisie voertuig hulle omkoop geld by n pakistaniese winkel eienaar kom haal wat bekend is vir dwelm verkope..nee my opinie is die polisie is net n uitgawe op die belasting betaler

Lolla ·

Ek dink nie die ouens verstaan wat hul werks verpligtinge is nie. Net soos Lesufi, weet Cele blykbaar ook nie waarmee om homself besig te hou nie! Selfserve op sy beste.

Haibo ·

Hoe dan anders? Wat is nuus? Wie wil nog in die polisie wees met die volskaalse korrupsie en bedrog wat daar aangaan? Wat se polisiemag laat haal SES van sy lede uit in een polistasie? HET hulle geslaap? Want my common sense se net vir my dit is nie hierdie kamstige SEKTE wat op hulle toegeslaan het nie . dit is net ‘n verskoning om die regte rede weg te steek .. Korrupte polisiemag .. korrupte polisie wat by dwelmhandel , plaasmoorde en omkopery betrokke is .. neewat .. beslis NIKS om op trots te wees nie … DIS HOEKOM EK LAG gister toe ek sien die WEERMAG soek wit en indier rekrute . julle gaan soos HONDE behandel word en teen gediskrimineer word . moenie vir die grappies val nie.

Lee ·

Dis nie net in die polisie nie maar ook in die metro polisie. Oud MK lede se kinders en almal kry lekker werk sonder nodige kwalifikasies. Hulle is useless. Meerderheid van hulle het nog kriminele rekords ook. Sulke mense moet nie in die Mag wees nie. Maar nou ja dis die nuwe SA

DAVID ·

Die SAPD is nie meer n mag nie maar wel n diens,hulle neem krimineele in diens ens beskerm mekaar wanneer daar klagtes teen hulle indedien word raak die dosiere weg en niemand word vervolg nie,swak dissipline en opleiding help nie hulle saak nie,die SAPD is nutteloose diens.

Pieter ·

Die polisie is useless en jammer vir die 0.001% wat reken hulle doen hulle werk ek sien dit nie .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.