Polisie wil oudlede werf

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ʼn veldtog begin om oudlede terug te werf.

Volgens die SAPD is die besluit geneem nadat ʼn ontleding gedoen is oor die beamptes wat vir die polisie verlore gegaan het. “Die herindiensnemingsproses sal slegs relevant wees tot die 2015/16-boekjaar en ons wil voormalige lede werf en aanstel in die range van konstabel, sersant, adjudant-offisier en luitenant,” het die SAPD in ʼn verklaring gesê.

Die polisie wil spesifiek oudlede werf vir sy speurdienste en sigbarepolisiëring-afdeling. Aansoekers sal aan ʼn keuringsproses onderwerp word. “Oudlede wat die SAPD meer as tien jaar terug verlaat het, afgetree het, ontslaan is, weg is hangende dissiplinêre strafregtelike verrigtinge of weens swak gesondheid sal nie vir herindiensneming oorweeg word nie.”

Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, het gesê normale werwing sal voortgaan. “Die herindiensnemingsproses sal nie die normale werwing- en opleidingsproses vervang of beïnvloed nie. Dit is ’n eenmalige buitengewone maatreël ter bevordering van produksievlakke, veral binne die speurdienste en sigbarepolisiëring-afdeling,” het sy gesê.

“Dit is vanselfsprekend dat ons die beste van die beste wil heraanstel, voormalige werknemers wat baie het om te bied wat vorige ondervinding, vaardighede, integriteit en toewyding betref.”

Die werwingsveldtog sal binne die volgende twee geadverteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Roebel Botha ·

Hoe dom kan die polisie wees.Hulle is bereid om polisie wat aandiens beseer is wie op ander plekke geplaas kon wees n permanente pensioen te betaal, waar die lede met baie ervating nog n rol kan spee in die polisie, maar is nie bereid om hulle terug te vat nie.Waar is die konstutisie wat se mens mag nie diskrimineer teen gestremdes nie.

Bruno Stef ·

Dit lyk vir my of hulle net kanonvoer terug soek wat onder toesig van die hoogs gekwalifiseerde topstruktuur diens moet doen sonder enige bevorderings geleentheid vorentoe.Solidariteit het al n paar hofsake IVM die aangeleentheid in die Wes Kaap gehad.

J.Z ·

Ek stem,kanonvoer, die oudlede in lae rang sodat hulle beskuldig kan word vir die gemors.

Gerhard Bezuidenhout ·

Droom voort Phiyega . Julle het uitstekende wit polisie wat lus was vir werk vertrap en toe stel julle n rampokkerbende aan . Julle kan probeer maar ek dink die wind waai wes

Pierre Celliers ·

Oom Koos, dis juis net julle wie hulle soek. Hulle sien nou hoe groot die fout is wat hulle gemaak het deur julle uit te skuif!

Pieterjie ·

Hulle kan slegs heraangestel word nadat hulle hulle vorige vonnisse uitgedien het. Dis nou te sê die wat nie oorlede is nie, soos Jackie.

Blikskim ·

Ek het jare gelede met ‘n kolonel in die Weermag gepraat oor ‘n soortgelyke oefening wat hulle probeer het. Hulle het van die Blankes ontslae geraak by die duisende en toe skielik kortom gespring toe hulle besef hulle is in die akkies. Hy sê die reaksie op hulle uitnodiging om terug te kom was oorweldigend…Negatief. Sommige van die reaksies was met ekskrement geskryf.
Riah kan dieselfde verwag. Sy moet solank ‘n sterk lugverfrisser vir haar kantoor kry.

Sidney ·

Goeie dag wil net weet waar die poste geadverteer gaan word en of blankes ook vir die poste aansoek sal kan doen.

Theresa ·

Jy stel dit uitstekend Gerhard. Dit is ook van toepassing by ander uniformdraende Departemente.

Sonja ·

Hulle moes ten eerste gesorg het dat hulle nie geloop het nie – hulle was te min betaal. Die wat die kennis gehad het loop en met rede vir meer geld – sal jy dan terug gaan vir dieselfde en dieselfde omstandighede en weer wag vir 10jaar+ vir bevordering – NEE!! Dink weer Riah, die swakkeling wat dit die eerste keer nie gemaak het in die diens nie gaan nou weer aansoek die pos kry en gaan n onervare speuder word. LEKKER MAN!!!

pop ·

Eers die weermag< nou die polisie. Ek lag my dood. rerig, hoe dom dink die vrou is ons. Of nee wag, wil hulle ons ook nou vir stemme werf. lmga

ladybug ·

Hoekom sodat die ou lede die gemors kan kom gade slaan wat jy en jou kaders aangerig het? Om reg te maak wat verbrou is en dan vat jy en jou kaders die meriete?

Geen oud polisielid sal terugkom as hy ‘n beter pos beklee om in die chaos van die polisie te kom terugkruip as dit in die eerste plek die rede was hoekom hulle weg is nie! ja, die oudlede het die ervaring, die ondervinding, en die polisie kan baat daarby, maar teen watter prys gaan dit kom? Julle moes eerder daaraan gedink het voordat julle dit so ondraaglik gemaak het vir die regte polisiemanne, dat hulle geloop het! Deesdae se polisiemanne is net daar vir die salaris en byvoordele, van polisieering weet hulle jack shit en stel ook nie belang nie as daar nie ‘n bribe ook betrokke is nie!

Deesdae sit jy met 3 generals in een vertrek waarvaan die 3 van hulle nie eens 4 jaar ondervinding in die polisie het nie, maar dis die ape wat jou wil kom vertel om jou werk te doen … I rest my case …

Leon ·

Na 16 jaar uit die polise speurtak as n adjudant offisier, omrede van die bevelvoerders korrup was. Beter pos gekry in privaat sektor en nou wil hulle ons terug he. Nee wat as hulle dalk vir my n pos as n brigadier aanbied sal ek dit oorweeg, kry nou n ordentlikke sallaris en is al 3 keer bevorder in 5 en n half jaar in privaat sektor.

Dave ·

Oudlede wat weg is weens strafregtelike redes sal nie weer aangestel word maar ‘n moordenaar was aangestel as ‘n metrohoof. En ‘n senior polisieman wat ‘n moordklag teen hom het word deur Jakop & kie beskerm.

izak van zyl ·

Oktober 2008 het ek weens frustrasie en diskriminasie bedank na 23 jaar diens op die rang van luit-kolonel.

Ek het November 2008 ‘n brief aan die redakteur van die Rapport geskryf in reaksie op ‘n artikel oor die uittog van 8000 wit offisiere net in 2008.

My brief is as die wen brief geplaas.

Ek het in die oorspronklike brief melding gemaak dat wanneer jou werkgewer vir jou ‘n verleentheid geword het, is dit beter om te gaan…..want almal vereenselwig jou later met die mislukte organisasie.

Die deel is weens die politieke inkorrekte strekking nie gepubliseer nie.

Van buite af kyk ek die laaste ses jaar hoe ‘n eens magtige organisasie afgetakel is deur swak bestuur en swak opleiding en dissipline.

Dink ek so by my se selwers as Me. Pyega dan nou oor die begeerte beskik om die diens reg te ruk, moet sy darem waaragtig ‘n lae dunk hê van die wit kundigheid wat nou vir ewig verlore is.

Jammer om van jou moeilikheid te hoor!
Jammer, maar ek sal solank as wat ek nog produktief kan wees, NOOIT vir die tipe lae klas aanbiedinge val nie.

Jy sal my ten minste as ‘n luit-generaal moet aanstel om jou mislukte organisasie te help red…..want sien Me. Piyega….daar is so iets soos vryheid van assosiasie en trots.

Ek vereenselwig my met instansies en organisasies wat die woord REGVERDIGHEID EN GEREGTIGHEID verstaan….iets wat die SAPD en ander staatsinstellings laaankal niks meer van oorhet nie!

Dave ·

Vraag aan Izak van Zyl (23jr) maar ek sluit ten minste ook Gert van der Merwe (25jr) in by my vraag en my vraag is bloot finansieël gerig. Izak en Gert, in ag genome ‘n ¼eeu diens by dieselfde verleentheidsmaatskappy, sou dit nie finansieël gesproke beter gewees het om vas te byt, te verdra en aangehou het en met vroeë pensioen gegaan het wanneer geldig ten einde voordurende voordele te put en dus te oes waar julle geplant het?

Gert van der Merwe ·

Ook uit diens na 25 jaar uit fristrasie. Net n aanbeveeling vir kamtig generaal Piaga. Bedank self. Dit sal n voorbeeld wees virdie ander boewe generaals en dan volg hulle jou voorbeeld. Maak eers die SAPD bestuur skoon dan sal dit onder toe self regkom. Die regte seniors wat dissepliene kan toepas sal die mag reg ruk. Wat weet jy en jou generale staf van dissepliene. Want waar kry jy daai klomp coke proppies op jou bors. Is dit “standard issue as jy uniform kry, want jy het dit nie verdien deur jou jare diens nie.

jean-pierre ·

Na 5 jaar in die Sapd het ek bedank agv verhuising en kon nie n transfer kry nie ek het onmidelik her aansoek probeer doen,dus nou al 4 jaar wat my aansoeke net mooi nerens kom nie,ek het gemideld op n skofbeurt tussen 60 en 100 B misdrywe gearesteer en so 20 A misdrywe per skof wat my stasie my gevra het ons moet asb minder mense aresteer anders gaan hulle swak lyk op die statistiek as ons nie volgende jaar meer mense aresteer nie,Bring die jong mense terug wat nog die Passie het om uniform te dra en nie net omdat hulle n salaris kry nie

helna ·

My vraag is eenvoudig ek is nogsteeds in die polisie sit al 17 jaar n adjudant! Wat het verander niks ons word steeds ni bevorder ni. Nou soek hul oud polisie manne en vroue terug die wat gewaai het en buite n sukses gemaak het sal ni terugkom ni. So wie gaan terugkom? Die wat wil werk? Of die wat ni kon werk kry buite nie? Daars soveel kundiges binne die SAPD wat oorgesien word met bevordering, die van ons wat gebly het. Ek weet ni. Ek dank die Here ek het n werk en ek het n passie vir wat ek doen, maar moenie jouself bluff met die room van die polisie wat moet terugkom nie. Ons is nie die skuim wat steeds hier is ni.

wynand ·

Pleks gee hul ons net bevordering na die volgende rang.mar nee sit eerder iemand anders da in.mar dan word daar gese daar is nie poste nie.pathetic man.

Dave ·

Met jou swak taalgebruik sou ek jou ook nie bevorder het nie maar dan weer, hulle voel zero vir Afrikaans!

Anina ·

Wat n grap ons wat aangebly het word nogsteeds op getrap oorgesien vir bevordering en moet die gemors regmaak en nou soek hulle oud lede om terug te kom wat Maak dit saam wat jou velkleur is dit is n roeping om n polisie beampte te wees maar deesdae is dit n beroeps keuse vir die wat te stupid of te sleg is vir die privaat sektor en dit is n belediging vir ons wat 25 jaar + diens het ons is deur die veranderings moes vure dood slaan toe die ervaring loop en vandag is ons die ervaring en glo my ons is yl gesaai. Niks het verander nie so as ek n oud lid was vra af hoekom het jy geloop in die eerste plek en gaan praat maar eers met ons wat steeds hier is! So in kort BLY WEG dis net n set om die getalle reg te kry jy beteken steeds niks nie en gaan nerens kom nie glo my ek wag all 18 jaar vir bevordering jy gaan nog Langer wag!

Euodia ·

Na 24 jaar diens het ek met ‘n offisiersrang bedank, omdat my bevelvoerder ‘n narsistiese persoonsafwyking het en ek nie meer kon verduur nie. Al is jy hoe goed gekwalifiseerd moes jy daagliks hoor hoe slegte werker jy is, dit sluit kollegas van alle rasse in, wat moes deurloop. Pogings vir ruilverplasing en verplasings was onsuksesvol. Vir my het dit nie meer oor bevordering gegaan nie, ek het tot my bedanking my roeping met integriteit SA se gemeenskap gedien. In my hart sal ek altyd ‘n polisielid bly. Ek salueer elke polisielid wat daagliks steeds met trots dien en ‘n positiewe verskil maak. Die polisie se situasie is meer ingewikkeld as wat buitestaanders besef.

Jakes ·

Was 9 jaar en n paar maande in polisie – het later in die tronk opgeeindig omdat ek “verkeerd” opgetree het (om my lewe te beskerm). Ek is nou n “tronkvoel” en nie meer n oud-lid nie, dit sal n plesier wees om my nuwe vaardighede in die “diens” te kom toepas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.