Polisie, Wits-studente slaags in Jhb-strate

Foto:@WitsSRC/Twitter

Foto:@WitsSRC/Twitter

Betogende studente van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en polisiebeamptes het Woensdagmiddag slaags geraak in die strate van Braamfontein en skokgranate en rubberkoeëls is afgevuur.

Studente het aanvanklik weer op die kampus bymekaargekom, waar verskeie vergaderings plaasgevind het. Die bestuur van Wits het vroeër alle akademiese aktiwiteite vir die res van die week opgeskort nadat studente, veiligheidswagte en polisiebeamptes ook Dinsdag op die kampus slaags geraak het en groot skade aangerig is.

Die betogende studente het na die vergaderings die strate van Braamfontein ingevaar, waar polisiebeamptes op hulle gewag en hulle probeer terugdwing het na die kampus. Die studente was egter nie te vinde daarvoor nie. Hulle het probeer aanbeweeg, maar polisiebeamptes het hulle meegedeel die protesaksie is onwettig en moes vooraf gereël word.

Die betogende studente het egter steeds probeer deurdruk, waarna polisiebeamptes skokgranate en rubberkoeëls afgevuur het en studente in verskillende rigting gespat het. Talle studente is tydens die voorval beseer en ambulanse het kort hierna op die toneel opgedaag.

Talle studente het intussen ook by die hoofhek saamgedrom en struggle-liedere gesing. Daar was sedert vanoggend ʼn sterk polisieteenwoordigheid op die kampus. Tawana Kupe, Wits se visekanselier, het Dinsdag se geweld ten sterkste veroordeel.

Die studente betoog sedert Maandagaand nadat dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, aangekondig het universiteite moet self bepaal met hoeveel klasgeld volgende jaar moet styg.

Nzimande het Dinsdag die studente se optrede veroordeel en ʼn beroep op hulle gedoen om instansies van hoër onderrig te beskerm en nie te vernietig nie.

Studente aan die stuur van die #FeesMustFallReloaded-veldtog hou egter vol onderrig sal nie plaasvind voordat aan hul eise voldoen is nie. Talle Wits-studente is reeds in hegtenis geneem in verband met die gewelddadige betogings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

KarooKlong ·

Kry vir jou stomp lemmetjie.
Jy maai nou wat jy gesaai het.
Julle het ‘n generasie gebrou wat net weet van afbreek as hulle nie hul sin kry nie.
Wees nou nederig en vra vir die wat weet hoe om dit te herstel.

TS ·

Een van die dae gaan hulle kla oor omdat hulle onder ‘n boom moet sit en leer. Google en aan lyn kursusse raak nou ‘n beter opsie.

Bertie ·

Hemel waar kry hulle al die klippe wat hulle so slinger, word dit afgelewer? Wonder maar net.

C ·

Jip Bertie, takealot.com het nou ‘n groot special op hul klippe. Ek dink hul het sommer op grootmaak bestel. Hehehehe, as hul so voort ploeter soos nou hoef hul hulself darem nie weer volgende jaar so uit te put nie, daar gaan geen universiteit meer oor wees nie.

Garath ·

Mens begin wonder of die studente onrus wat die RSA tans beleef enigsins vergelyk kan word met die van 1976. Soveel van geweld en skade aan infrastruktuur wat tans beleef word is ongelooflik. Vir my is dit ‘n probleem dat ‘n klomp studente wat skoolvlak skaars kon baasraak, nou die wysheid besit om voorskriftelik op te tree met geweld en geen gesag aanvaar nie..

Jean ·

Ek stem saam, met die opstande van destyds is die beeldmateriaal die wereld ingestuur, alhoewel dit op ‘n baie kleiner skaal as nou was. Moratoriums is aangekondig, SA is heeltemal vervreem agv hiervan, en NOU? Word die beeldmateriaal nog die wereld ingestuur? Teem al die oorsese lande nog oor die ‘ongelukkige jeug in SA’ of is dit nou anders nou dat dit nie meer oor Afrikaans gaan nie? Nogals aan hulle EISE voldoen, van wanneer af mag ‘n STUDENT EISE daarstel vir inrigtings en die regering? O ja, vandat dit TOEGELAAT word.

Dark.O ·

Die woord “domastrant” kom onwillekeurig by my op as ek sulke berigte lees. Die mentaliteit van afbreek, vernietig, afbrand van wat nog oor is, sal ek nooit kan verstaan nie. Die slagspreuke van Afriforum {“Wandel met waardigheid”; Selfdoen is beter as niks doen”}, staan in skrille kontras met die wandade van die sogenaamde studente.

Dup du Plessis ·

…….domastrant…..is te positief…..dis wat jy ‘n steeks perd of donkie noem……dis eerder nader aan barbarisme……..

Raymond Bastone ·

Dit kom by opvoeding dissepliene wat hulle nie het nie. Bring die rottang terug en leer hulle dan so

Renier ·

Hulle moet almal wat so mors en afbreek se name en id nommers publiseer. As dese persone eendag aansoekdoen vir werk moet die werkgewer kan kyk of hulle by die afbreek proses betrokke was. Indien wel moet hulle die deur gewys word want die werkgewer sal nie seker wees of hulle hulle streke sal voortsit en sy besigheid ook sal opmors nie. Jy moet tog maai wat jy gesaai het. Of hoe.

Bertie ·

Stem 100% saam, moeilikheid gemaak as bevoorregte student, gaan dieselfde streke uithaal as werknemer. Dankie VADER ek sien U binnekort.

Bertie ·

Bogger vandag se polisiering, in die ou dae het die sambok gepraat, een hou oppie gat, dan hardloop hy verby ‘n myn klippe. daar was geen klippies nie, net warm boude,

blik ·

Dit is al wat hulle ken en sal ken want hulle wil nie leer nie

Jef ·

Renier ek stem saam maar dan moet hulle die spul die land uitsit want as hulle geen wergewer kan vind nie dan word die kriminaliteit net meer en meer.
Wat hulle dan doen om aan geld te kom, roof moor ens.

popeye ·

Dis net ‘n kwessie van tyd voordat daar sterftes gaan wees. ODaar is 3 kampe; die polisie, die studente wat wil studeer en die #FeesMustFall radikale. Laasgenoemde is selfs in faksies verdeel. Dit is dus 2 magte teen die faksies. Die polisie gaan meer kragdadig optree en die studente wat wil studeer gaan kort voor lank standpunt inneem teen die verwoesting van infrastuktuur. Skuif reg vir tragedie!

Jean ·

EK stem saam, en hulle is uitdagend en vat die polisie en sekuriteitsbeamptes aan, vanoggend was die rektor meer bekommerd oor die SEKURITEITSWAGTE Wat die studente met klippe teruggegooi het as die studente wat hulle met klippe bestook en aangeval word . DIT is wat verkeerd is in hierdie prentjie. As een van die studente aftjop gaan die WERELD weer kerm en almal gaan die wreedheid van die polisie en sekuriteitswagte ondersoek . MAAR eintlik het die studente net gekry waarvoor hulle gesoek het, hoekom mag hulle geweld teenoor ander onskuldige mense uitoefen en niemand mag iets terugdoen aan hulle nie?

Lance ·

Die anc verdien elke klip wat gegooi word nou kry julle net julle eie medisyne …vatso blade en vatso zuma…. hier kom nou n ding !

Sputnik ·

Die ou spreekwoord is hier van toepassing: “Wat jy saai sal jy maai”. Só baie waar! Dink net hoe gaan dié spul nog vorentoe, in die werkomgewing, verniel en vernietig. Geen land se bronne kan dit hanteer nie.

francois ·

Maroela moet my nou nie weer afskiet nie, jammer as ek n paar dinge in die verlede gese het wat jul nie van hou nie,MAAR, ek sit vandag en kyk op die nuus van wat oral aanaan en dit was vir my baie opvallend dat die meeste van die klipgooiers swart is,maar as jy dieper kyk sal jy sien dat daar ongelooflik baie Indiers (Guptas) in die voorste linies beweeg wat baie bevele uit skreeu aan die wat eintlik soos dit lyk die werk verig, nou vra ek, is die hele ding nie maar weer eens in beheer van RSA se nommer een se boesem vrinne nie, wat is eintlik agter al die gemors, is dit regtig fees must fall of wil hulle net alles afbreek en vernietig?

Daenerys Targaryen ·

Duidelik swot nie een van die feesmustfall lot Ekonomie nie…………..hoop dat daar met hul eerste salaris lekker baie TAX afgetrek word en wanneer hulle daaroor wil oproerig raak dan verwys ons net na die Varsity studente wie verniet onderrig ontvang…………laat hulle dan maar betaal vir dit waarvoor hulle nou so hard baklei.

susi piyega ·

Marikana o marikana. dis al wat gaan werk. betaal of bogger of.

Rina XX ·

Maak toe al die Universiteite en kyk waar gaan hul geleer kry. Wys hulle n punt, dink als kan reggemaak word met brand en staak. As hul dan so slim is hkm die plek afbrand. Weereens maak toe al die universiteite……..

Rynhardt ·

Al die gewelddadige betogings by universiteite was goed beplan, kyk hoe vinnig het dit versprei soos veldbrande met die presidensie wat stilswye handhaaf! Dit gaan daaroor om alle instellings in SA induie te laat stort , sodat n tydperk kan floreer vir algehele chaos, m.a.w. rewolusie!SA word baie vinnig onstabiel met die Anc se ondersteuners wat buite beheer is.

student ·

Maak die universiteits toelatings punt hoer dat net die slimstes kan gaan swot op n kampus, verlaag dan die gelde, want dan weet n skoolkind al hy sal kan gaan of nie. Kry n hoer slaagsyfer. Almal kan nie kwalifiseer nie, dis n voorreg nie n reg nie! Dan die wat wil leer sal dan leer

QB ·

Iets sê vir my iemand het nie hulle kant deur die jaar gebring nie en wil nou eksamen “skiep”. Daar is mos korting op gelde jy moet net presteer! Dus die gevolgtrekking is hou op om te betoog en gaan leer!!

Connie ·

Onttrek die Polisie, veiligheidswagte, almal wat wil leer en die dosente en kyk wat maak hulle. Dat hulle dan brand en mal gaan.

Ahooy ·

Ek BETAAAL dat my kinders mag studeer! Nou word hulle van hul regte ontneem!
O Ja! Ek vergeet – in SA het die kriminele meer regte as die belastingbetaler!
WAT is fout met ons regstelsel? Arresteer en sluit die kriminele toe! Kyk maar hoeveel van die betogers wat die NARE polisie gearresteer het word in die hof skuldig bevind? –
N siek land waarin ons woon!

Connie ·

Dis wat my so kwaad maak. Is die kinders se ouers wat ten duurste betaal vir hulle studies en dan mag hulle nie daarmee voortgaan nie. Vat hulle huis toe. Eis hulle geld terug en laat die kinders buitemuurs leer. Weet nie of dit so maklik is nie, maar ek is seker dit sal beter wees vir hulle menswees ook. Julle het my simpatie.

Linda ·

Die ergste is dat die gewone student – wie se fooie vir die betaal is met ‘n duur lening – word nou die reeds betaalde klasse ontneem!!! Selfs prakties weg van kampus af!

Anita ·

Om te dink dat van hulle ons toekomstige leiers is – maak my rerig bang…

Willie ·

Dis uiters barbaars.. Nike takkie, klippe in die hand, beskadig, brand, en demand… dis absoluut die leierskap wat nommer een kweek…

Lee-Ann ·

Waar is ons weermag? Hoekom word hierdie Kampusse nie op lockdown gesit nie? Waarom word daar nie militaristiese order geskep nie? Die wat wil klas gaan se studente kaarte word gescan, en loop in ‘single-file’ klas toe onder toesig van ons weermag. Die een wat dan die ander wil keer om klas te loop en toets te skryf, skors hom/haar. Maklik. Gee hom ‘n rekord dat werk soek ook sommer moeilik gaan wees.

Beskerm die biblioteke, beskerm die koshuis en beskerm die studente wat wel wil swot. Stuur die res tronk toe, en kry net die weermag om te kom help…. As hulle van hulp gaan wees,,,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.