Polisie wou bloedbad by Nkandla vermy

Ondersteuners van oudpres. Jacob Zuma Sondag buite sy woning by Nkandla in KwaZulu-Natal. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die minister van polisie, Bheki Cele, het Maandag gesê meer as 100 mense wat die afgelope naweek by oudpres. Jacob Zuma se huis by Nkandla saamgedrom het, was gewapen.

Skote is selfs in die lug geskiet in ʼn poging “om die polisie uit te lok”, sê Cele.

“Daar was baie vroue en kinders en die polisie moes ʼn tree terugstaan.

“Ons moes die beledigings en klagtes verduur, eerder as om op die bloed te spring wat daar sou wees,” het Cele in Soweto, by ʼn Covid-19-inentingsentrum vir polisielede, gesê.

“Daar was meer as 100 mense daar wat vuurwapens gehad het, wat op die polisie skiet. En as daar eers op die polisie geskiet word, moet hulle antwoord.

“Koeëls het nie oë om te sien dat hierdie ʼn kind of ʼn vrou is nie,” sê die minister.

Cele het die polisiebeamptes geloof vir die manier waarop hulle die situasie by Nkandla – waar duisende mense in weerwil van die afsonderingsregulasies byeengekom het – hanteer het.

“Die polisie het deur Marikana geleer.”

Volgens die minister is heelwat kameras ingespan en speurders ontplooi om te help om vermeende oortreders te soek.

AFP het ook berig dat Cele sê hy wag intussen op ʼn instruksie van die hof oor of die oudpresident in hegtenis geneem moet word.

Die hof het Zuma, nadat hy 15 maande tronkstraf vir minagting van ʼn hofbevel opgelê is, aanvanklik vyf dae gegee om aan te meld om sy tronkstraf te begin uitdien. Indien hy dit nie gedoen het nie, het die hof beveel dat die polisie hom binne drie dae aankeer en tronk toe neem.

Groot skares mense het gevolglik die naweek na Nkandla opgeruk om hul steun te gee, terwyl daar gewag is om te sien of hy hom aan die owerhede gaan oorgee. Zuma het op die nippertjie egter ʼn aansoek ingedien om die hofbeslissing ter syde te laat stel.

Talle mense by Nkandla het nie maskers gedra nie en geen sosiale afstande is gehandhaaf nie. Dit benewens die feit dat byeenkomste ingevolge die vlak 4-afsonderingsregulasies boonop ook verbied word.

Prins Mangosuthu Buthelezi, eerste minister van die Zoeloes, sê die mense sonder gesigmaskers by Nkandla stel hul eie lewe en dié van ander in gevaar.

“Dit is die grootste onverantwoordelikheid van almal.

“Ek doen dus ʼn beroep dat ons, in hierdie tyd van groot besinning vir ons land, dít wat by Nkandla gebeur as verraad beskou.

“Met alle respek vir die simpatie wat mense dalk vir mnr. Zuma se lot mag hê, is die uitdaag van die staat en om lewens in die gevaar te stel, onaanvaarbaar.”

Buthelezi sê as een van die min oorblywende leiers van sy geslag wat vir vryheid geveg het, vrees hy dat God hom swaar sal straf as hy stilbly terwyl mense die land se toekoms verwoes.

“Hulle skep ʼn toekoms van armoede en dood vir die jeug van Suid-Afrika en ek durf nie stilbly nie.”

Die polisievakbond Popcru het intussen ook die polisie geloof omdat hulle met “selfbeheersing te midde van uitlokking opgetree het”.

Popcru sê ten spyte van die uitlokking deur sommige van die betogers, het polisiebeamptes die situasie in bedwang gehou en ʼn moontlik plofbare situasie ontlont, terwyl dit andersins in ʼn gewelddadige toneel sou kon ontaard.

Popcru het die “onregverdige kritiek” teen die polisie se sogenaamde gebrek aan optrede verwerp en sê daar is verskeie intelligensiebronne en -metodes wat ingespan word om te verseker diegene wat die wet oortree, word verantwoordelik gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Pierre ·

Wel gedaan aan die manne en vroue in blou die situasie was goed hanteer afgesien van die gevalle van intimidasie wat die media moes verwag het, op die end van die dag het Mnr Zuma apel aangeteken en die howe moet sy lasbrief van arrestasie bekragtig. (Grondwetlike hof het appel toegestaan).

Werner ·

Die manne in blou het net mooi niks gedoen nie.O jy is seker nuwe geslag niks gewoond nie

Keelvol ·

Werner, jou gebrek aan polisie ervaring wys duidelik uit jou kommentaar.

Anoniem ·

Ek dink Werner is geregtig op sy opinie want van wat ons gewone landsburgers sien is dat die polisie vandag eerder n branderplank ryer sal arresteer in plaas van n persoon wat n geweer afvuur in die publiek. Wat ons kan aflei is dat die polisie te bang geraak het om die werklike kriminele in Suid Afrika vas te vat en waar ons minister kop in een mus is met Zuma.

Johan ·

Hoe is die “welgedaan” dis pateties! Ons word op n streep deer die polisie verpes oor al wat n nonsens regulasie is, maar n veroordeelde krimineel kry kans op NOG n appel!! Dis nonsens, enige iemand anders was lankal in die tronk, wat maak daai krimineel spesiaal voor die Polisie! Hiekom is hy nie lankal gevang nie, nog voor sy gevolg opgedaag het kon julle hom “vir sy eie veiligheid” in n onbekende sel gehou het.

Werner ·

Johan en Ja wat julle kruip seker nog vir julle ou pensioentjie .Gatkruip gaan julle nerens bring nie.As ons appels met appels vergelyk en ons sien hoe misdaad hand uitruk waarborg ek jou ons sit met n klomp patete in die polisie.Die wat van beter gehalte was het lankal geloop en hase geword.

Pierre ·

“Old school” met my eie gesonde verstand en my denke en siens wyse wat verder as my eie neus kan dink

Aai ·

Hulle het reg opgetree dit was so in die ou dae gedoen neem video’s hulle sal hulle een na die ander bymekaar maak die een wat die wapen dra dink nie aan dit.Ha Ha

Keelvol ·

Jean, jy betaal geen sins iemand se salaris. Die bietjie belasting wat jy betaal is nie eers n druppel in die emmer nie. Polisiemanne betaal ook belasting. Ek neem aan dis ook jou siens wyse met onderwysers, dokters, verpleegsters (waar jy almal se salarisse mos betaal met die bietjie belasting)

Chrisp ·

Johan waar kom die geld vandaan en ja ons betaal die staat met al sy instansies se salaris .
Hy gebruik die woord” ons” dws belasting betalers dit is waar die geld vandaan kom of glo jy ook die geld word net gedruk of uit die lug gehaal :)

Johan ·

Nou waar dink jy kom jul mandaat vandaan Johan? Dink jy jul voer dit uit….makliker om diktator regulasies toe te pas nè. Julle is bitterlik ongewild, sterkte om jul werk te doen sonder die burgers se ondersteuning.

Hendrik Marthinus ·

En Mr Cele as die hof volgende week besluit, Zuma moet tronk toe?
100% twyfel ek of dit gaan gebeur want die Magistrate gaan met hulle lewens boet as Hulle se tronk toe.
Gaan jy nie ook Dan lewens in gevaar stel nie.
As 10 rowers op. SAPS SKIET IS DIT NIE OOK LEWENS IN GEVAAR STEL NIE
Nee Mr Cele, jy en die President wat tjoep stil Bly oor die Zuma debakel is regtig nie n goeie voorbeeld vir wetstoepassers nie.
Mr Ramaphosa het nog nie een sin gese oor Zuma se skuldigbevinding of Sy level 4 Lockdown rules oortredings nie

Aai ·

Dit is nie die president se werk om die arrestasie uit te voer daar is mense wat hulle werk moet doen.Hulle weet hulle is verkeerd as die president nou praat gaan daar petrol op die vuur gegooi word.Kalmte voor die storm.

Keelvol ·

Lees die berig mooi. Vrouens en kinders was teenwoordig. Of is dit okay met jou?

Johan ·

Hoekom is hy nie oppad gevang, vêr van sy gevolg of nie? Hou hom vir sy veiligheid…of is dit nie iets waaraan julle Polisie dink nie Johan. Te besig om vir die diktatorskap te luister.

Danie ·

Nonsens man, as dit wit mense was wat daar bymekaar was sou die polisie anders oo getree het…….

Phillip ·

Wat op dees aardbol het hulle verwag gaan daar wees? ‘n Koek-en-Tee-partytjie?

Suzette ·

Twak man!! Julle is eenvoudig te bang!!
Al wanneer julle kan “optree” is as julle met beskaafde mense te doen het….. dan is julle vreeslik parmantig en rondrukkerig…..

andre ·

Dit kos net 100 onwettige vuurwapen eienaars om die eens magtige SAP van koers af te dwing.

Debbie ·

Sover ek weet mag daar geen byeenkomste wees nie oor covid en die klomp dra nie eers maskers nie. Beteken die president se woord dan niks. Arresteer die klomp helsems, vrouens en kinders ingesluit want hul oortree n wet

Anel ·

Al ooit gehoor van traangas of van waterkanonne? En vergeet maar van die kinders. Hulle hoort nie by sulke plekke nie. Dis wat die lot altyd doen. Stoot die kinders voor. Hulle vrouens het al ander se babas gehuur om nie tronk toe te gaan, vroeër jare. Gelukkig het ons ook slim geword. Dis ook eintlik net ‘n bewys dat hulle niks vir kinders voel nie. Dat selfs die polisie bang is vir kinders. Ek kan jou briefie gee dat as die polisie begin tetug skiet het, het die spul soos vlakhase weggehardloop. Nou het het ou hoed allerhande verskonings wat hy is maar net so vrek bang. As die polisie behoorlik opgelei was en behoorlik opgeleide leiers gehad het, soos voor 1994, sou die tipe van nonsens nie gebeur het nie. En as ou zumpie in die week moes tronk toe gaan ook nie. Pleks hulle hom dadelik tronk toe gevat het na die uitspraak. Hoekom hy uitstel gekry het, weet geen mens. Verder het ek baie respek vir mnr Buthelesi. Hy praat die waarheid.

Kobus ·

Twak man! Die krygers onder bevel van Carl Niehaus het dan juis gese hulle sal veg tot die bitter einde toe. Dus Cele,dan moet hulle veg! Maar jy moet eerder erken,jy weet nie hoe om die situasie te hanteer nie. Al daai veglustige impi’s beweer hulle is reg vir jou. Sies,ek skaam my vir jou en CR se leierskap.

Riaan ·

Man jy moes net die beach squad ingestuur het – Jy weet mos daai brawe manne wat die uiters gevaarlike kriminele wat op die strande weggekruip het so vinnig aangekeer het

LeonS ·

Wag in spanning om te sien hoeveel ‘vermeende oortreders’ vevolg gaan word.

marius ·

Wat sou jy doen as dit wittes was ? Jou rooi petter vriende stuur , dis wat . Pateet !

Heinrich ·

Hel, wat ‘n fantastiese plan; sit terug en doen niks. Ek skat scenario beplanning, hoër-orde denke, gebruik van strategie en teen-intelligensie, tegnologie en professionaliteit het saam met die ou SA in die slag gebly.

Pieter ·

Sou sommer die ideale geleentheid gewees het om te verifieer of die wapens wettig hulle s’n was….AS die polisie nie te papbroekig was nie!!

Tino ·

Wat het geword van die goeie ou betroubare water kanon?

Al wat ek lees is dat die SAPS onbevoeg is om die situasie te hanteer

Pietertjie ·

Die swakste van swak verskonings wat ek nóg gehoor het.

msp ·

Hulle wou dan seker nie lewens gered het toe hulle laasjaar so jag gemaak het op die Kapenaars nie! Maak geen sin nie. Wees eerlik, julle het nie wetstoepassing uitgeoefen nie omdat dit anc/eff lede was wat onwettig opgetree het.

Nie Verbaas ·

Ag wat n klomp kaf Cele. In kort, as ek nie gearresteer wil word nie moet ek net seker maak dat daar vroue en kinders is en skote in die lug skiet. Gaan teiken eerder sagte teikens. Dit is mos ANC styl.

Tokkel ·

Mnr Cele, Zuma het jou genooi vir ‘n koppie tee, nooi hom dan nou vir ‘n slag na jou kantoor vir ‘n koppie tee. Mnr Cele en die howe maak van ons land ‘n grap. Ander lande dink ons almal is saam met julle indie sirkus. Maak ‘n voorbeeld van hom en gaan met die weermag in en sluit hom nou toe langer omdat hy nie vir sy tronkstraf opgedaag het nie! OOOH JITTE het Zuma julle alweer uitoorlê!
Die ergste is dat ons TAX gelde vir hierdie nonsens moet betaal…en ander gaan dood vandie honger, maar sal nog altyd met hul kierries staan en betoog…

fransdutoit3 ·

Daar behoort ‘n klagte teen die minister en kommissaris van polisie ingedien te word dat hulle versuim om hul pligte ingevolge die bepalings van die grondwet uit te voer..

Kerneels ·

Ek hoop so dat hierdie ‘n geleentheid skep om van Cele ontslae te raak , omdat hy sy plig versaak.

Carl ·

Dit sou mos nou ‘n goeie tyd gewees het om van die wapens wat ongelissensieer is af teneem? Nou het hulle ook agtergekom ‘n skans van vroue en kinders werk – so volgende, nog meer vroue en kinders. Kyk hoe sukkel die polisie dan wanneer dit regtig saakmaak!

Chef ·

Die Polisie was weereens nie voorbereid om enige arrestasie uit te voer nie. Dit blyk dat daar geen beplanning was om die ooglopende reaksie van Zuma en sy trawante in toom te hou nie. Dalk was hulle op die uitkyk vir ander maklike teikens…?

Drico ·

Dis hoekom Zuma en sy gespuis doen wat hul wil, WANT hul WEET die polisie is bang en sal nie optree nie. Ons mense is gatvol vir hierdie slapgatgeit. Zuma sal niks oorkom nie en ook nie toegesluit word nie, want net nounou moet swart kameraad teen swart kameraad optree en eish dis mos nou nie kameradie nie. En Carl, ou perd, jou dag gaan kom en dan moet jy nie vir een oomblik dink jou maatjies gaan jou help nie. CR sal ook nie optree nie, want dan is hy sy stoel in die parlement kwyt en daarmee saam sy lekker lewe.

James ·

Dankie. Van more af oortree ek en my vriende ook die regulasies – tot die tande bewapen. SAPS sal ons uitlos – omdat hulle ‘n bloedbad wil vermy.

Johan ·

Wat het geword van dwarsboom, Carl en sy gespuis verhoed dat n krimineel aangekeer word, waar is die Polisie? Te besig om mense se drank af te vat, of om die burgers onder huisarres te plaas vir geen rede nie! Pateties.

James ·

Ek sien hier is ‘n paar mense in die onderstaande kommentaar wat bewys dat die Dunning-Kruger effek gesond is, en mooi ten toongestel word. Om te dink – hierdie sielsiekes het STEMREG……

Elinette ·

Skerp en korrek gestel – mense met kognitiewe oormag-verbeelding (dat hulle kennisdraend is van iets waaroor hulle GEEN kennis het nie) wat stemreg het. Dís hoekom hierdie land die afgelope 27 jaar al hoe meer agteruit boer. Mense wat nie déél was van Apartheid nie, maar wat deur hul ouma’s en oupa’s vertel word wat alles gebeur het, slaan nou die kitaar en diegene wat totaal “clueless” is, dans maar net saam op die maat van die musiek.

Gawie ·

Ek is jammer maar ek kan nie saamstem nie. 2 wrongs do not make a right. Wat gaan hulle volgende toelaat om n “bloedbad” te verhoed? Wat het geword van you have to be cruel to be kind? Reels bly reels, ten alle tye…

Johan ·

Jou mense word betaal om te sorg dat daar orde is dis obvious dat die bad guys gaan guns he as kriminele die wet oortree moet hulle vasgevat word Marikana was niks verkeerd maar omdat hulle swart is kom hulle weg met moord.

Anoniem ·

Hoe lekker lag ek nou. Wys jou net hoe lafaard die SAP is.
Laat ons dit waag. Hul kan nou wraggies maak en breek net soos hulle wil. Hoe weet hy daar was meer as 100 wapens. Dit is presies hoekom hy wapenonteiening wil laat plaasvind, want die lafaard kan nie sy eie mense beheer nie en hy dink ons is stupid om ons wapens te vernietig om hul die kans te gee om ons te vervietig.

absoluutgatvol ·

Ek dink ons het die enigste land op aarde waar die Polisie bang vir die mense is…

Elinette ·

Jy bedoel ons is die enigste land waar die stert die hond swaai.

Boksombende ·

Klink asof die ANC-faksie wat Zuma ondersteun die selfde taktiek as in Palestina gebruik (bring kinders en vrouens saam met jou sodat jy kan vingers kan wys wanneer hulle beseer word).

Boer ·

Die mense wat drank vervoer word gearresteer, maar daar kom niks van die duisende wat saam drom en wat ook die inperkings reel oortree nie. As daar moet baklei so be it. Sorry maar Zuma se oranje pakkie wag.

Moedeloos ·

Hoekom is daar dan nie waterkanonne gebruik om hul uitmekaar te hou nie. Dit is wat die Polisie op onskuldige vrouens in die Kaap gedoen. Cele bak mooi broodtjies om sy eie stert te red. Hoekom het hy nie ook opgeruk soontoe nie, soos hy na verskeie plekke gegaan het as dit hom pas.

Danie ·

Het deur marikana geleer…
Geleer om die massas hule sin te gee maak nie saak wat die kriminele oortredings is nie.
Mooi man.
Die polisie is nie die kentucky wat hulle vreet se bene werd nie.

Danie ·

“Dit kos net 100 onwettige vuurwapen eienaars om die eens magtige SAP van koers af te dwing.”

Is dit n les vir die vuurwapeneienaars wat binnekort ontwapen gaan word ??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.