Polisiebeampte, 8 verdagtes sterf in skietvoorvalle

Argieffoto: SAPD / Facebook

ʼn Polisiebeampte en agt verdagtes is deur die loop van Sondagnag in skietvoorvalle in KwaZulu-Natal dood.

Brig. Jay Naicker, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê beamptes van die nasionale intervensie-eenheid en honde-eenheid het Sondagaand op inligting reageer rakende ʼn kitsbank wat moontlik in die Hammarsdale- industriële gebied opgeblaas sou word.

“Beamptes het die verdagtes gekonfronteer, waarna die verdagtes op die lede losgebrand het. ʼn 44-jarige adjudant-offisier van die intervensie-eenheid is tydens die voorval noodlottig gewond,” het Naicker gesê.

Die verdagtes het te voet van die toneel gevlug en is later in ʼn beboste gebied opgespoor waar nóg ʼn skietery uitgebreek het. Drie verdagtes is in dié skietery dood.

Die eenhede het die soektog na nóg bendelede voortgesit en ʼn tweede groep verdagtes in ʼn opstal in die Mophla-omgewing opgespoor. “Die verdagtes het daar op die beamptes geskiet en die polisie het teruggeskiet. Vyf verdagtes is in dié skietery doodgeskiet.”

Die polisie het gesamentlik onder meer beslag gelê op twee gewere, vier handvuurwapens, vyf springstoftoestelle, ʼn gasmasker en twee voertuie.

Die KwaZulu-Natalse georganiseerde misdaadeenheid ondersoek die voorval. Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) is ook van die voorval ingelig vir nadere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

De Villiers ·

Uitstekend SAPD!! Net jammer van die noodlottige geval van die polisie-lid.

Tanya ·

Uitstekende werk van die polisie. Mag die SAPS lid in vrede rus en mag die Here sy familie vertroos.

Ditto ·

Ditto, absoluut goeie werk en sterkte vir die familie van hierdie goeie getroue harde werker wat met sy lewe betaal het vir sy land. Gee mens sommer ‘n knop in die keel.

Annie ·

Geluk SAPD – My innige simpatie aan die polisieman se familie en vriende.

Tessa Bruwer ·

Bitter jammer oor die lid wat gesterf het, maar welgedaan manne. Julle maak ons trots.

Ai ·

Gedagtes en gebede met die oorlede polisieman se familie. ?
Dankie aan die manne in blou wat hul lewens elke dag in gevaar sit.

Goeie werk julle!

G@tvol ·

Mooi so ! Hoop nou net dit gebeur meer gereeld ?. Jammer aan die beamte wat sy lewe verloor het sterkte aan sy familie. Ons kort meer lede soos hy RIP.

Valerie ·

Goeie nuus (en slegte nuus oor die polisie lid) op ‘n Maandag, maar wag tot die “Menseregte” Kommissie hieroor lees. Dan maak hulle hulself weer sopnat op die verkeerde plek.

Mariaan ·

Rus in vrede my broer in blou. Aan my mede kollegas sterkte vir julle. Die afskeid is so finaal en dan as ons na die memorial diensven begrafnis kom vewag ons dat hy of sy weer by die deur instap. Ons is ook mense en net so erg as ons in blou sien hoe kriminele ons land se burgers vermoor martel en dit breek ons om die families in kennis te stel en respekteer elkeen se kultuur maak nie saam wiebof wat jy of sy is nie moord is moord en geweld is gweld dit vrae nie ras en kleur nie. Die kriminele se ouers kry ook swaar want hulle voel hulle het hulself en samelewing gevaal wat nie so is nie mense maak hulle keuses in die lewe

Marina ·

Mariaan dis so waar wat jy daar se jy stel dit so mooi kort reguit en kragtig baie waardevolle kommentaar wat jy gelewer het ek wens net almal kan dit so insien soos jy dit hier se. Dis regtig baie baie mooi gestel. RIV ons SAPD lid in blou mag jou familie vertroosting kry en mag julle bygestaan word in hierdie hartseer tyd.

w ·

God troos asb die familie van oorledene. Dankbaar vi almal wie dai booswigte uit die samelewing verwyder het. Dit moet meer gereeld gebeur met die kriminele

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.