Polisiebeampte aan diens doodgeskiet

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn 54-jarige adjudantoffisier verbonde aan die Umlazi-polisie in KwaZulu-Natal is Maandagaand glo deur ʼn gesoekte moordverdagte doodgeskiet.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die beampte, ao. Jabulani Didi en ʼn kollega het omstreeks 19:00 die gebied gepatrolleer toe hulle berigte ontvang het van ʼn moord in Umlazi uitbreiding U.

“Toe die beamptes by die toneel opdaag het, is hulle meegedeel die verdagte het ʼn veiligheidswag vermoor,” het Zwane gesê. “Die beamptes het inligting oor die verdagte opgevolg en hom agternagesit in die rigting waarin hy gevlug het.”

Die beamptes het naby Isipingo Primary School ʼn man gesien wat die verdagte se beskrywing pas. Die man het glo op die beampte losgebrand toe hy hulle sien.

Didi is noodlottig gewond.

Die verdagte het van die toneel gevlug en is steeds soek. Die verdagte het glo die veiligheidswag, Zimele Nzama (38), omstreeks 18:50 doodgeskiet.

Die polisie ondersoek twee sake van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JR ·

Rus in vrede adjudant Didi. Dit is jammer dat u die hoogste prys moes betaal. Sterkte aan die familie, vriende en kollegas.

Piet Piper ·

Beter opleiding kon hierdie Adjudant se lewe gered het.

Diana ·

Hoekom het jy nie gese jy was daar nie! Wat het nog gebeur?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.