Polisiebeampte aangerand, doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte, wat nie aan diens was nie, is in KwaZakhele, Port Elizabeth in die Oos-Kaap doodgeskiet.

Konst. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, het gesê die 32-jarige konstabel is glo Saterdagoggend omstreeks 01:00 deur vyf verdagtes uit ʼn telefoonhokkie gesleep en aangerand.

“Hy is verskeie kere in die bolyf geskiet en is op die toneel dood.” Soci het gesê dit is nog nie duidelik of die beampte beroof is nie. Die beampte se bakkie was glo langs die telefoonhokkie geparkeer. Sy het gesê daar is gepoog om by die bakkie in te breek.

Volgens Soci ondersoek die polisie ʼn saak van moord en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Lt.genl. Celiwe Binta, provinsiale polisiekommissaris, het die moord ten sterkste veroordeel. “Enige persoon wat ʼn polisiebeampte aanval of vermoor sal die volle mag van die wet in die gesig staar. ʼn Aanval of moord op ʼn polisiebeampte is ʼn bedreiging vir ons grondwetlike demokrasie en beroof ons gemeenskappe van hul beskermers,” het Binta gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

James J ·

Ekskuus tog, dit is elke landsburger se reg om veilig te wees en nie uitgemoor, verkrag of aangerand te word nie.

Gert ·

Vervang polisiebeampte x2 met boer en beskermers met voedselvoorsieners en siedaar is moord op ons boere tot prioriteitsmisdaad verklaar. Kan dit waaragtig so moeilik wees om in te sien. Polisiebeamptes is opgelei en gewapen om misdaad te beveg – ons boere moet werk en voedsel voorsien – wat is die keuse?????

Isobel Vandermotten ·

van waneer af is polisiebeamptes se lewens meer belangrik as enige iemand se lewe wat van ons gewone mense

Isobel Vandermotten ·

van waneer af is polisiebeamptes se lewens meer belangrik as enige iemand se lewe wat van ons gewone mense

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.