Polisiebeampte by die Bluff in Durban doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte is Dinsdagaand tydens ʼn gewapende roof by ʼn vulstasie in die Bluff in Durban doodgeskiet.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die skietery het omstreeks 21:00 by ʼn vulstasie in Edwin Swales-rylaan plaasgevind.

Maroela Media verneem die beampte, van Brighton Beach-polisiestasie, wou saam met sy kollegas iets by die vulstasie gaan koop, onbewus dat ʼn gewapende rooftog aan die gang is.

“Een verdagte is deur die polisie in hegtenis geneem en die ander het gevlug,” het Zwane bygevoeg. “Die polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na die mans.”

Hy het gesê verdere besonderhede is nog nie dadelik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AL ·

Weereens die vraag: wat doen die regering van die dag om die hoe misdaad in die land te beveg? Afriforum kan die plaasmoorde tesame met die gety van wetteloosheid onder landsburgers aan die regering met ander drukgroepe soos Save SA ens. Bring. Ons moet saamstaan. Beter gaan dit nie raak nie.

Magda ·

Sterkte aan die Familie van die oorledene – en die enigste manier hoe die Regering ooit enige iets aan die misdaad doen – is wanneer hulle nie meer in beheer is nie – en of dit ooit gaan gebeur – Nou ja ons sal maar meot sien ne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.