Polisiebeampte by stasie doodgeskiet

SAPS-keppieʼn Polisiebeampte van die Wes-Kaap is Woensdagaand omstreeks 10:30 by die Klapmuts-polisiestasie waar hy of sy aan diens was, doodgeskiet.

Die beampte se geslag is nog nie bekend nie. Volgens lt.kol. André Traut was die beampte ‘n 44-jarige adjudant-offisier.

Traut het Donderdagoggend gesê inligting oor die skietery is nog skaars en dat die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Arno Lamoer, later die dag die media by die polisiestasie sal toespreek.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.