Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het omstreeks 03:00 gereageer op berigte van ʼn rooftog by ʼn vulstasie in Delft. Twee verdagtes wat met AK47’s gewapen was, het op die beamptes losgebrand by hul aankoms op die toneel.
ʼn Verdere drie verdagtes het intussen uit die winkel by die vulstasie gekom en saam met die ander twee verdagtes op die vlug geslaan. ʼn 35-jarige konstabel is in die proses doodgeskiet. Nog ʼn beampte is gewond en sterk in ʼn hospitaal aan.
Volgens Ramovha het die verdagtes plofstof op die toneel agtergelaat wat daarop dui dat hulle moontlik ʼn OTM wou opblaas. “Ons ondersoek duur voort en niemand is nog in hegtenis geneem nie.”
En so kan die ANC nie die land se misdaad stop nie. WAT IS DIE ANC SE “CV” VIR 22 JAAR.
Dalk 300,000 moorde.
Ja-Nee, wys ons enige noemenswaardige verbetering / ontwikkeling wat “hulle” op eie houtjie kon vermag het. Oom Jan & Kie se CV: Handel, Sendingwerk, Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling & Beskawing uit Europa tot voordeel vir ALMAL onder die Afrika son in hierdie Suidpunt.
Dis opmerkend hoe polisie beamptes in die wes kaap afgemaai word.
Misdaad soos die teen geregsdienaars / veiligheidsmagte / veiligheidsbeamptes moet met GEEN GENADE beantwoord word want dit is ‘n daad van subversive & terrorisme teen die SA Publiek & Staat. Spesiale Wetgewing en xstra swaar strawwe MOET hier in plek gestel word! Ek bid vir heling & vertroosting aan die families. DANKIE vir jul opoffering!
Die ANC soek die Wes-Kaap.
Hulle sal ALS doen om dit te kry……