Polisiebeampte deur huis se vensters geskiet

Kapt. Johan Riekert (Foto: Facebook)

ʼn Polisiebeampte sterk tans in ʼn hospitaal in Johannesburg aan nadat hy vandeesweek deur die vensters van sy huis op ʼn kleinhoewe in die Cullinan-omgewing in Gauteng geskiet is.

Kapt. Johan Riekert is Dinsdag in die vroeë oggendure met skietwonde in sy slaapkamer aangetref nadat sy vrou die polisie en die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum na die egpaar se kleinhoewe in De Wagensdrift buite Cullinan ontbied het.

Riekert is by die logistieke eenheid van die polisie in Silverton in Pretoria gestasioneer.

Volgens Andre van Heerden, voorsitter van die GPF, was Riekert omstreeks 02:00 wakker toe hy verskeie kere deur die kombuisvenster geskiet is. Riekert het toe na die slaapkamer gehardloop waar hy wéér deur ʼn venster geskiet is.

Sy vrou en twee kinders het ten tyde van die voorval geslaap.

Riekert is vier keer raakgeskiet, onderskeidelik in sy bors, maag, linkerarm en een van sy vingers. Dit kan wees dat hy ʼn koeël probeer afweer het, sê Van Heerden.

Riekert het ook in die proses teruggeskiet.

Van Heerden verduidelik dat die besonderhede van die skietvoorval nie in dié stadium duidelik is nie. “Ons het [met ons aankoms] net probeer om die bloeding stop te sit en hy kon nie vir ons meer vertel nie.”

Riekert is ná die voorval in die huis gestabiliseer waarna hy na die Montana-hospitaal in Pretoria gehaas is. Hy is sedertdien na ʼn hospitaal in Johannesburg oorgeplaas en is tans in ʼn stabiele toestand.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Naidoo ondersoek die Valke nou die voorval.

ʼn Woordvoerder van die Valke kon nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Derick ·

Suid Afrika is tans oregeerbaar.
Kan net se dankie Here dat ek nie meer in my geboorteland woon nie.
Voel jammer vir my familie en vriende in SA.

Mcoy ·

Hierdie is een van my vorige werks kolegas. Baie goeie man. Dis baie erg, regtig.

Sakkie ·

Dit is nou hier waar die probleem begin. Jy mag hom nie vanuit jou huis skiet nie want jou lewe is op daardie stadium nie bedreig nie, maar hulle skiet jou van buite af.

Gert van Wierdapark ·

Wanneer soveel geld betrokke is by al die fasette van staats-en-stadskaping, is die eliminering van die goeie ouens seker amper vanselfsprekend vir die skuldiges betrokke!!! Rampokkery vier hoogty, en die “Sheriffs” in beheer, is perdloos en lusteloos om die sogenaamde “uitdagings” te takel!

Elsa Vorster ·

Hulle was huisvriende baie jare gelede baie sterkte aan julle ons bid vir genesing en spoedige herstel

aj ·

Van watter korrupte polisie saak het hy kennis / bewyse gehad?

Hanlie ·

Sakkie, nou slaan hy die spyker op die kop. Wys jou net hoe onregverdig die wette in hierdie land is. Doen net wat hulle wil, en word hulle gearresteer kry die gespuis nog parool ook.

JohanR ·

Onder geen omstandighede moet daai wapens by die polisie ingehandig word nie, of nou gelisensieerde of ongelisensieerde. Daai wapen/s gaan baie nodig wees in die toekoms!

hercu ·

this is terrorism in the most dangerous degree: “the unlawful use of violence and intimidation, especially against civilians, in the pursuit of political aims”

this happens when incompetent, illiterate & uncivilized people rule a country; then the currency becomes worthless, the infrastructure and crime ungovernable and they cause disorder, because the same people have no discipline, no ethical values, no conscience!!

Poot ·

Riekert werk saam met my. Sag geaarde sout van die aarde mens. Hy sou nie vlieg skade aangedoen het nie. Hys ‘n baie goeie skut. Wys net die lafhartigheid van die gemors wat hom deur n venster skiet. Vasbyt pèlla…. ons almal by die werk dink aan jou.

Lizelle ·

Sterkte Oubaas, wonder of die Valke ook nou jou broer Piet se moord
op dieselfde kleinhoewe meer as 5 jaar terug ook gaan ondersoek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.