Polisiebeampte deur sy bevelvoerder doodgeskiet

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 31-jarige polisiebeampte wat in ʼn sakeroof in KwaZulu-Natal betrokke was, is deur sy bevelvoerder doodgeskiet.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die beampte en ʼn medepligtige het Woensdag ʼn onderneming in Durban beroof en per motor op die vlug geslaan.

“Veiligheidswagte het agter hulle aangejaag en kon daarin slaag om hulle vas te trek. Die gesteelde goedere en toerusting wat gebruik word vir rooftogte is in hul besit gevind,” het Mbhele gesê.

Die polisiebeampte, wat aan die Sydenham-polisie verbonde was, se bevelvoerder is daaroor ingelig. Die bevelvoerder het die beampte na laasgenoemde se huis in Westville vergesel om beslag te lê op sy vuurwapen.

“Die verdagte [polisiebeampte] kon daarin slaag om sy vuurwapen in die hande te kry en het dit op die bevelvoerder gerig. Die bevelvoerder het toe glo in die rigting van die verdagte geskiet en hom noodlottig gewond,” het Mbhele gesê.

Bheki Langa, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het gesê hulle was teleurgesteld om vas te stel dat ʼn polisiebeampte betrokke was by misdaad. “Dit is jammer dat hy sy lewe verloor het as gevolg daarvan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Wonder maar net ·

Ek wonder maar net hoekom die bevelvoerder self hom vergesel het……was daar ander beamptes teenwoordig? Ek beskuldig niemand van niks nie maar kan nie help om te wonder nie, aangesien die polisieman nou klaar uitgevang was, was hy nie dalk nou n risiko om ander sondes uit te lap nie? Deesdae kan niks ons meer verbaas nie…

Susan ·

Hy het sy pistool op sy bevelvoerder gerig toe hy geskiet is. So hy kon hom nog nie in hegtenis neem en boei nie. Die polisie is ongelukkig total geinfiltreer deur bendelede, kriminele elemente van alles soorte.

Cassie Kruger ·

Hy was klaar gearresteer die Bevelvoerder het sy diens pistol by sy huis gaan haal saam met hom , Nou wonder ek. met wat se wapen het hulle die roof getrek, Hoekom is die bevelvoerder alleen saam met hom, hoekom was hy nie geboei nie, dalk was die bevelvoerder die ringleader en was bang die man praat

Cherokee ·

Wat werklik daar gebeur het kon nie praktie so gebeur het soos vertel nie want ‘hy kon daarin slaag om sy vuurwapen te kry’ (dit is tog waarom hulle na sy huis gegaan het) en as hy die vuurwapen op sy bevelvoerder gerig het net om daarna geskiet te word deur die bevelvoerder moes laasgenoemde waarskynlik ‘n vuurwapen gereed gehad het. Die berig soos vertel is vol gate.

marous ·

Langa moet ophou teleurgesteld wees en sy lede begin toesluit wat wapens huis toe neem en geen toestemming of kluise het nie. Regmatige wapen eienaars word met jare tronkstraf gedreig indien ‘n wapen nie veilig geberg word nie , maar die polisie lede kom met moord weg! Hy moet verder verduidelik waarom sy lede wapens dra maar nie bevoegdheid sertifikate het nie. Dit kom op onwettige besit neer al is hulle aan diens warrvoor gewone mense direk tronk toe gestuur word.

Andre ·

Die polisie se gemiddelde Skelm & Korrup % bietjie laer en KZN bietjie skoner. Dankie SAPS.

Justice ·

Nog `n krimineel minder op belastingbetalers onkoste – wel gedaan aan die bevelvoerder.

MANIE ·

Dit is mos nou nie nuwe nuus dat lede van die polisie uiterste kriminele is. Laaste tyd was daar heelwat berigte veral by rooftogte waar polisie betrokke is

Cor ·

My 2c het die verdagte dalk meer geweet wie almal aan die sindikaat behoort en was die bevelvoerder dalk bang die man kan uitpraat ?. Eerste keer wat ek hoor hulle gaan haal die vuurwapen volgens ek kon aflei uit die berig was die man nog nie geskors nie . Dit is nou die bevelvoerder se weergawe die beskuldigde is weg en kan nie meer praat nie

Wonder ·

Sorry die bevelvoerder. Se storie klink nie reg nie …hoekom dood skiet.. ?

Hennie ·

Enige iemand wat hierdie storie glo, dink verseker daar is ‘n Kersvader, Paashaas en Tandemuis!

KABOUS ·

Die bevelv het is sy rigting geskiet ? Vanaf watter rigting !!!!! en watter distansie ? Mmmmmm uitgehaal op die spot ne.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.