Polisiebeampte dood in motor aangetref

(Argieffoto)

Die polisie ondersoek twee sake van moord nadat ʼn polisiebeampte en nóg ʼn persoon se liggame Dinsdag in ʼn motor by die Mfuleni-nedersetting digby Kaapstad aangetref is.

Kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, sê konst. Phindile Vutula (33) en nóg ʼn persoon se liggame is Dinsdagmiddag in ʼn silwer Ford Focus-motor in Olifantstraat in Mfuleni aangetref.

“Vutula was nie aan diens toe ʼn skietery omstreeks 16:10 in Olifantstraat uitgebreek het nie. Hy en die persoon wat saam met hom in die motor was, is in die proses doodgeskiet,” sê Traut.

Vutula was by die Philippi-Oos-polisiestasie gestasioneer.

Volgens Traut is niemand nog in verband met dié skietvoorval in hegtenis geneem nie.

“Enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, kan die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Polisie is mos gewaarsku deur die rooi barette, maar hoedeman doen NIKS! Pateties van bo tot onder in die wortels…

ES ·

En om dit als te top, het BC besluit dat die polisiemag vir die volgende 3 jaar nie verhogings gaan kry nie – maar hy stoot die begroting op vir private sekuriteit. Hy is besig met onheil – hoor my lied.

Surfer ·

En aan wie behoort die privaat sekuriteit maatskappy wat nou so opskiet met vinnige Polo’s en groot ‘guns”.LOL.

ES ·

Die probleem is, die begroting is om hom en sy trawante te beskerm deur middel van privaat sekuriteit te gebruik. Hulle gebuik al hul kollegas se private maatskappye d.m.v. tenderbedrog. Ons gewone ou private maatskappye sien nie eers daai geld nie. En ons betaal daarvoor…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.