Polisiebeampte dood in motor gevind

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiebeampte van Port Elizabeth in die Oos-Kaap is dié naweek dood in sy motor aangetref.

Polisiebeamptes het Saterdag teen 23:15 gereageer op berigte van ʼn skietery in Bethelsdorp. By hul aankoms op die toneel is die liggaam van ʼn 37-jarige sersant in sy motor aangetref. Hy het ʼn skietwond aan sy kop gehad.

Volgens brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, was die beampte, wat aan die Kabegapark-polisie verbonde was, nie aan diens ten tyde van die voorval nie.

“Die motief vir die moord moet nog vasgestel word en dit is in dié stadium nog nie duidelik hoeveel verdagtes betrokke was nie. Die Valke ondersoek ʼn saak van moord.”

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het haar medelye met die beampte se familie, vriende en kollegas betuig.

ʼn Polisiebeampte is ook Saterdagaand in Langa naby Kaapstad doodgeskiet. Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het net voor 19:00 ’n klagte ontvang van ’n skietery in Settlers.

Polisiebeamptes het ondersoek ingestel waarna hulle by hul aankoms op die toneel sers. Abongile Mayile (39) op sy rug met ʼn skietwond aan die kop gevind het. Hy is op die toneel dood.

Mayile was verbonde aan die polisie in Athlone.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarel ·

Wie gaan omgee… is mos ‘n Polisieman en nie lid van die Publiek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.