Polisiebeampte dood ná skietery

Die polisiebeampte word Vrydagoggend in ‘n ambulans gelaai. (Foto: Rescue Care)

’n KwaZulu-Natalse polisiebeampte is dood nadat hy Vrydagoggend gedurende ’n skietery in Durban gewond is.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, sê in ’n verklaring die voorval het net ná 10:00 in Berea plaasgevind.

Volgens Jamieson het die polisiebeampte met paramedici se aankoms op die toneel in die pad in Winterlaan gelê.

Die polisiebeampte is aan ’n ventilator gekoppel in ’n poging om hom te stabiliseer voordat hy na die Netcare St. Augustine-hospitaal gehaas is. Hiér is paramedici deur ’n trauma-eenheid ingewag wat die pasiënt na ’n teater gehaas het.

Jamieson het intussen bevestig dat die polisiebeampte egter in die teater aan sy beserings beswyk het.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gestuur en wag op terugvoer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

toy, ek is bevrees, jy is reg. Ons sit voor ons rekenaars en toe die skoot klap vra my vrou of ek dink dit was ‘n kar se backfire. Ja…, sê ek meer om onsself gerus te stel. Nee, sê die slim vroumens van my, daardie was ‘n pistoolskoot. Ek besit oor geen, soos buitendien gèèn ander mansmens, die intelligensie om met ‘n vrou te redeneer, so ek gee toe. Volgende oggend stap ek uit en vind Gert op die sypaadjie met sy been in gips (want hy het met sy gewese vrou gesels toe ‘n kar stilhou en die oor-vriendelike passasier ‘n pistool in sy pens druk en sòmmer skiet! Gelukkig het hy die pistool ondertoe slaan en dit het hom in die enkel getref. Die koeël wat gevind is, is 9mm. Ek het gesê hy moes die skut ‘n klap gegee het! Hy sê hy doen somtyds dinge wat nie in lyn is met goeie maniere, maar om die skut sommer ‘n lap te gee, oorskry àlle (swak?) maniere! So sè Gert hinke pinkend op krukke. Slotsom… hierdie is Afrika. As jy kan emigreer doen jy so en kry klaar. As jy dit nie kan bekostig nie, soek jy enige verskoning om te verklaar waarom jy steeds hier bly. Maar, probeer eerlik klink~!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.