Polisiebeampte dood, nog 1 kritiek ná skietery

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD

’n Polisiebeampte is dood en nog een is in ʼn bedenklike toestand in ʼn hospitaal ná ’n skietvoorval Sondagaand in Mfuleni in die Wes-Kaap.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê die twee beamptes was besig met ʼn patrollie toe hulle verdagtes buite ’n kroeg in Wesbank voorgekeer het.

Een van die verdagtes het op polisiebeamptes losgebrand en ʼn 52-jarige adjudantoffisier is in die kop getref. ʼn 29-jarige konstabel is in die nek getref.

Volgens Naidoo het die adjudantoffisier op die plek aan sy beserings beswyk. Die konstabel veg steeds om sy lewe.

Die polisiebeamptes is verbonde aan die Mfuleni-polisiestasie.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het ná die voorval opdrag gegee dat die sogenaamde 72 uur-aksieplan in werking gestel word om na die aanvallers te soek.

Die Valke is ook by die ondersoek betrokke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Muffin

Die gaste en kroegman behoort te weet wie die aanvallers/moordenaars is. Mag hulle gevang word en leweslange tronkstraf kry. Ek glo beide van die polisiemanne het nog afhanklikes.

Sitting Duck

Skiet die polisieman eerste, word hy aangekla van moord. Skiet die gangster eerste , is die polisieman dood en die gangster is weg! Dit noem ons n regstelsel.

Natascha

Dan wil hul nog steeds nie doodstraf terug bring, Dink ons parlement het n eye opener nodig.
Hoeveel mense moet nog onnodig sterf, Die mense gaan bly om te moor, wnt hul weet hul kan in SA wegkom met moord en dit is letterlik.

Linda

My innige mee gevoel met die SAPD lede. Mag die skuldiges lewenslank in die tronk deurbring en nie net 25 jaar nie, maar tot hulle ook nie meer lewe nie. Niemand sal meer vir die SAPD wil werk as on regering nie drasties iets hieraan gaan doen nie. Die doodstraf bly maar die beste.