Polisiebeampte doodgery toe hy van kollegas vlug

(Foto: SAPD)

ʼn Speurder-sersant is deur ʼn vragmotor doodgery nadat hy glo van lede van die polisie se teenkorrupsie-eenheid gevlug het toe hulle hom in hegtenis wou neem.

Lede van die eenheid het gereageer op inligting dat die sersant, ʼn veiligheidswag en ʼn lid van die publiek ʼn dossier van die Lenasia‑Suid-polisiestasie probeer verkoop het.

Beamptes het op die toneel in Lenasia toegeslaan waarna die verdagtes in ʼn motor gespring en probeer vlug het. Hulle motor het op die R558 teen ʼn sypaadjie gebots en die verdagtes is in hegtenis geneem.

Die speurder-sersant kon glo daarin slaag om los te breek en het in ʼn veld ingehardloop met beamptes wat hom agternagesit het. Die beampte is in sy poging om te ontsnap deur ʼn vragmotor doodgery nadat hy oor ‘n pad gehardloop het.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het die teenkorrupsie-eenheid geloof vir hul vinnige optrede, maar ook die dood van ʼn polisiebeampte betreur.

“Dit is jammer dat die beampte sy lewe verloor het en ek wil graag my meegevoel met sy familie betuig. Dit is egter ook ontstellend wanneer ʼn mens berigte ontvang oor beamptes wat by korrupte aktiwiteite betrokke is.”

Sitole het gesê die inhegtenisneming van meer as 10 polisiebeamptes verlede week in Johannesburg en gister se voorval in Lenasia dien as ʼn waarskuwing dat die bestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens daartoe verbind is om korrupsie onder sy lede uit te roei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sarel ·

Vir jare word dit al toegelaat en ander OAS gekyk. Nou will juke dot uitroei. Kry eers die Bestuur in orde en beweeg weg van Politiek af.

willem Botha ·

Hy was n skelm in n polisie uniform,een van baie ek het geen simpatie met hom nie.

koos1 ·

Wat van simatie met die slagoffers van daardie dossier eerder as die sleg lid van die SAPS.

Iemand ·

Sitole het nie ges^e hy kry die beampte jammer nie, hy betuig sy meegevoel met die familie van die beampte. Mens is lief vir mens se man/pa/broer/suster/dogter/vrou en hul afsterwe maak seer, selfs al was hul skelm. Mens kan gelyktydig meegevoel he met die slagoffers van ‘n krimineel, sowel as met die naasbetstaandes van die krimineel. Die familie van kriminele is ook slagoffers, want hul is onskuldig maar trek ook aan die kortste end agv van die verkeerde besluite wat hul kriminele familielid neem. Om simpatie met hulle te he is normaal. Om hulle te blameer en te veroordeel vir iets waarby hulle nie betrokke was nie, is abnormaal.

Tanya ·

Hy verdien nie om n sersant genoem te word nie. As dit is hoe hy polisie verteenwoordig is hy nie die rang werd noe

Quintus Neethling ·

Ha ha nou gaan die staat nog betaal vir sy begrafnis ook omdat hy aan diens was toe die ongeluk gebeur het.

Sinies ·

Die teen korrupsie optredes is baie positief en verblydend.

Sandra ·

Ek wonder nou net, wat word van sy pensioen. Hy is aan diens dood, NIKS was nog bewys nie. Gaan sy familie nou IOD mag eis?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.