Polisiebeampte doodgeskiet in KZN

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte is doodgeskiet en ʼn man is gewond tydens ʼn skietery in Umgeni Park-Noord in Durban, KwaZulu-Natal.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê die 48-jarige beampte het op ʼn huisrooftog in Riverside gereageer toe hy deur twee mans doodgeskiet is. Die twee mans het glo die huis binnegestorm en ʼn huishulp en tuinwerker vasgebind. Naicker sê die polisiebeampte is met sy aankoms op die toneel geskiet. Die beampte het teruggeskiet en een van die verdagtes gewond. Die tweede verdagte kon daarin slaag om te vlug en die polisie soek steeds na hom. Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, sê die polisie sal nie rus tot die ander verdagte in hegtenis geneem is nie. “Ons is geskok dat nog een van ons polisiebeamptes gesterf het aan die hand van genadelose kriminele.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.