Polisiebeampte doodgeskiet toe hy glo steel

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Vermeende rower wat later as ʼn polisiebeampte uitgeken is, is dood en nog ʼn man gewond ná ʼn skietery tydens ʼn gewapende roof in Umzinto, KwaZulu-Natal.

“Die beampte was ʼn lid van die Umlazi taktiesereaksie-eenheid,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die beseerde man is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem.”

Die rooftog het Vrydag plaasgevind en drie ander rowers het met ʼn onbekende bedrag geld van die toneel gevlug in ʼn Toyota Corolla en Isuzu-bakkie.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen en die polisie ondersoek ʼn saak van sakeroof en poging tot moord.

Die beampte se vuurwapen is op die toneel aangetref. Dit sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit al in ander misdade gebruik is.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het haar kommer uitgespreek oor die betrokkenheid van polisiebeamptes in kriminele bedrywighede. “Ons sal alles in ons vermoë doen om van korrupte polisiebeamptes ontslae te raak,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trudie Erasmus ·

Nee, dit is mos soos dit gaan. Nie plek vir blankes in die polisie nie, maar die skelms en moordenaars word aangestel! So is ons nooit veilig nie want jy weet nie met wie en wat jy te doen het nie! Ons lank bestaan net uit korrupsie en bedrog.

Babs ·

In ‘n onlangse nuusblad is name gepubliseer van honderde aansoekers vir Polisie inname in Kaapstad se voorstede. Besware kan ingedien word by gemelde telefoon nommers. 99% Was swart aansoekers. Hoe moet ons weet of hulle kriminele rekords het. Familie en vriende en mede korruptes gaan mos nie teen hulle opstaan. Dan kry jy wat in hierdie berig vermeld is. Selfs in Khayelitsha neem inwoners reg in eie hande – hulle vertrou nie die polisie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.