Polisiebeampte en twee ander vas oor vuurwapens

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Twee mans is in hegtenis geneem en ʼn polisiebeampte word ondersoek in verband met vuurwapenverwante aanklagte.

“Twee mans, onderskeidelik 21 en 29 jaar oud, is deur die polisie in Potchefstroom in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van ammunisie,” het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie in Noordwes, Saterdag gesê. “Volgens die inligting wat ons ontvang het, is een van die verdagtes in Potchefstroom in ʼn taverne in hegtenis geneem met vyf rondtes ammunisie, en die tweede persoon by ʼn taxistaanplek met nege rondtes ammunisie.”

Die twee mans het die polisie na ʼn huis in Ikageng- informele nedersetting geneem waar ʼn 9 mm-pistool en ʼn magasyn met 15 rondtes ammunisie gevind is.

“Die vuurwapen behoort blykbaar aan ʼn polisiebeampte, ʼn lid van die honde-eenheid,” het Hlathi bygevoeg. “Die polisie het beslag gelê op die vuurwapen en dit sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in enige misdaad gebruik is.”

Die betrokke polisiebeampte kan moontlik krimineel vervolg word en ʼn interne ondersoek word gedoen. Die twee mans wat in hegtenis geneem is, sal Maandag in die Potchefstroomse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

DPJ ·

Hoekom is die polisie man nie inhegtenis geneem nie.
Wag hulle eers vir die valke?

Johan ·

Hul het gedink dit gaan ‘n stiile dood sterf, maar nou weet ons!

Andre ·

Heel moonlik. Die meeste werkgewers ken nie hulle eie regte nie as gevolg van “ignorance” Wag vir iemand om vir hulle te verseker dat hulle maar kan optree !

GES ·

Dit is skokkend om die berig te lees. Hierdie is maar weer net ‘n geval van swak opleiding. Sy mede kollegas weet nie hoe om die saak te hanteer nie en hyself het geen erg aan die dissipline rondom die hantering van vuurwapens. Dit is dinge wat wettige wapeneienaars baie kwaad maak aangesien hulle die blaam moet dra vir misdaad waarby onwettige wapens betrokke is. Dit is op rekord dat meer as 20 000 wapens van die polisie vermis of gesteel is.

lies ·

En dan is daar nog mense wst sê die Polisie in nie korrup nie!!! Bandiete in die ergste vorm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.