Polisiebeampte, familielid doodgeskiet

SAPS+police+crime+tape+xgold+2012ʼn Polisiebeampte en ‘n familielid van hom is in Ladysmith in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê konst. Sphamandla Mgaga (28) en sy familielid, Nonkuleleko (28), is Dinsdagaand doodgeskiet. “Konst. Mgaga het vroeër die dag ʼn oproep ontvang van ʼn familielid wat hom gevra het om haar by te staan aangesien sy bang is vir haar kêrel.”

Mgaga het Nonkuleleko by die werk gaan oplaai. “Daar word beweer dat die twee in die motor gesit het toe die verdagte die deur oopgemaak en Nonkululeko in die kop geskiet het.” Naicker sê toe Mgaga uit die voertuig geklim het, is hy ook geskiet.

Nonkululeko is op die toneel dood terwyl Mgaga op pad hospitaal aan sy beserings beswyk het. Die verdagte het met Mgaga se vuurwapen en selfoon gevlug en word steeds deur die polisie gesoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Daantjie Maartens ·

Showdown at Coral Creek.
Mis ons eie Ruiter in Swart aka Ben de Ruiter om orde te handhaaf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.