Polisiebeampte geskiet en gewond

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Die polisie in Mpumalanga is op soek na ʼn man wat glo ʼn polisiebeampte met sy eie dienspistool geskiet en ernstig gewond het nadat die beampte op ʼn klag van veediefstal gereageer het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê konst. Mandlenkosi Thwala (37) en ao. Phumulani Msimango (47) het Dinsdag gereageer op ʼn klag van veediefstal. “Die twee beamptes is saam met die klaer en sy vrou na ʼn huis in Mgobodzi.”

Volgens Mohlala het die klaer met hul aankoms by die huis, die man uitgewys wat glo sy bok gesteel het. Die polisie het die man gevra om vir hulle te wys waar die bok is en hy het hulle gevra om hom te volg. Die man het glo hierna ʼn mes uitgeruk.

“Konst. Thwala het sy dienspistool uitgehaal en die man beveel om die mes neer te sit. Die man kon glo daarin slaag om Thwala se vuurwapen by hom af te neem waarna hy hom in die bors geskiet het en van die toneel gevlug het,” het Mohlala gesê.

Die polisie soek intussen steeds na die verdagte en het die publiek versoek om met die polisie in verbinding te tree indien hulle enige inligting het oor die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit was beslis n swak opgeleide polisieman . Hoe op aarde laat jy toe dat jou dienspistool afgeneem word en waar was die polisieman se makker of het hy gou gaan Kentucky koop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.