Polisiebeampte gevonnis oor korrupsie

Argieffoto

ʼn 33-jarige speurder van die Van Reenen-eenheid is in die Ezakheni-streekshof in KwaZulu-Natal gevonnis op aanklag van korrupsie.

Simon Mvelase is Vrydag tot 15 jaar direkte tronkstraf gevonnis, het kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Konst. Mvelase was in Augustus 2016 ʼn ondersoekbeampte in ʼn diefstalsaak wat in die Van Reenen-gebied plaasgevind het,” het Mhlongo verduidelik. “Hy het R21 000 van die beskuldigde se meisie geëis om nie die borgtogaansoek teen te staan nie. Die saak is na die Valke se ondersoekeenheid oor ernstige korrupsie verwys en ʼn operasie is uitgevoer. Hy is in hegtenis geneem.”

Mvelase het ʼn paar keer in die hof verskyn en was op borgtog vrygelaat tot hy uiteindelik gevonnis is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Monica ·

Hoekom word sekere mense gestraf vir korrupsie. Wanneer word Zuma gestraf. Dit is baie onregverdig.

Gerrit ·

Dit is uitstekend daar is so baie polisie betrokke by kriminele aktiwiteite hulle sal n spesiale hof moet hê en dit gaan jare vat om al die vrot appels uit te kry , hier in Pretoria sal jy die hele stasie by party areas moet sluit want net die vrou wat tee maak is nie besig met krimineele aktiwiteite of korupsie nie .Die moot bv as n ongeluk aangemeld word by die stasie word die insleepdiens eers gebel en daarna gaan kyk die polisie of iemand dalk onder die invloed van alkohol is nie om hom te arresteer nie om die omkoop geld by albei te kry.En sou daar beseerdes wees sal die ambulans later gebel word as al die transaksies gedoen is , die boewe in blou ek verafsku hulle en hulle soort

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.