‘Polisiebeampte’ in hegtenis geneem

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat aanvoer dat hy ʼn polisiebeampte is, is Sondag deur die metropolisie in Johannesburg in hegtenis geneem.

“Die beamptes het die man voorgekeer en wou weet waarom sy Jaguar blou ligte het, wat slegs vir polisiegebruik is,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het ʼn polisieaanstellingskaart voorgehou.”

Die beamptes het egter die geldigheid van die kaart by die Johannesburgse sentrale polisiestasie nagegaan, en bevind dat dit vervals is.

“Die man is in hegtenis geneem en sal na verwagting Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.”

Bron: Naledi Shange, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Sou die Jaguar hom weggegee het? Nog ‘n pluimpie vir die metropolisie.
Daar loop die man ‘n bloutjie met sy blou liggie. Maar dat hy waaragtigwaar OOK ‘n (vervalste) polisieaanstellingskaart by hom het is kommerwekkend. Nou gaan iemand ‘wegjaag’ na die naaste polisiestasie omdat hy dink dit is nie polisie en hy word doodgeskiet.
Ten minste 15jaar SONDER parool. Ek het gespreek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.