Polisiebeampte in hof na hy glo seuns verkrag

Argieffoto

Argieffoto

‘n Bellville-polisiebeampte wat daarvan beskuldig word dat hy twee 14-jarige seuns verkrag het, sal na verwagting Vrydag in die Blue Downs-landdroshof in Kaapstad verskyn.

Die polisiebeampte het die twee seuns glo oor ‘n tydperk van vier jaar seksueel mishandel. Hy is in hegtenis geneem nadat die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) oor die saak ingelig is.

Die polisiebeampte is na sy arrestasie na die Kraaifontein-polisiestasie geneem waar hy glo probeer selfmoord pleeg het deur sy polse te sny. Hy is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling waarna hy weer terug na die polisiestasie geneem is.

Die polisiebeampte het die twee seuns glo verkrag in ‘n badkamer by die polisiestasie waar hy gewerk het. Daar is ook bewerings dat hy hulle gedwing het om na pornografiese video’s te kyk en hulle na die tyd tussen R50 en R200 gegee het.

Die beampte het reeds ‘n vorige keer in die hof verskyn. Die saak is uitgestel vir ‘n formele borgaansoek en sodat hy ‘n regsverteenwoordiger kan aanstel.

Lees ook:
Polisieman in hof oor seuns se verkragting
Polisieman verkrag glo seuns; probeer selfmoord pleeg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Job Jobson ·

Die wetman glo aan vleis op vleis, ongelukkig die verkeerde keuse,bêre hom verewig agter tralies en verwyder net sy voorstel sodat ander inmates hom kan beet kry.PAPPA WAG VIR JOU!!!

Elizabeth ·

Ek het groot geword dat ‘n polisieman jou vriend is en as daar moeilikheid is gaan jy na die naaste polisiestasie vir hulp. My kinders is ook so grootgemaak. Om die waarheid te sê die kleuterskool het een maal per jaar ‘n uitstappie na die polisiestasie gehad waar hul geleer het die polisie is daar om hul te help en beskerm. Mens kan dit glad nie meer vir jou kinders leer nie… Die polisie is nou die “vyand”, die wat jou verkrag, wat korrup is, wat vals arrestasies maak, wat kop-in-een-mus is met dwelmhandelaars – die lys is lank. Maar die polisie is nie meer ons “vriende” nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.