Polisiebeampte in hof ná hy glo vrou, dogter doodskiet

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Polisiebeampte verbonde aan die presidensiële beskermingsdienste het Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn op twee moordaanklagte.

Die 46-jarige adjudant-offisier is die naweek in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy vrou en dogter vermoor het. Sy naam kan nie genoem word voordat hy gepleit het nie.

“Daar word beweer dat die beampte wat verbonde is aan die beskermingseenheid by die Uniegebou sy 23-jarige dogter en 42-jarige vrou by hul huis in Pretoria-Wes geskiet het,” het Grace Langa, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), gesê.

“Die egpaar het na bewering rusie gemaak die oggend voordat die beampte weg is na ʼn familielid se begrafnis. Toe hy die aand teruggekeer het, het hy sy vrou gevra om vir hom kos te maak. Terwyl die vrou besig was om kos te kook, het hy na bewering ʼn vuurwapen in ʼn ander kamer gaan haal, teruggestap en sy vrou en dogter doodgeskiet,” het Langa gesê.

Die beampte het glo ná die onderskeie moorde sy dienspistool terug in die kluis gesit en sy 17-jarige seun en broerskind, wat ook ten tyde van die voorval in die huis was, na die bure geneem. Hy het sy buurman gevra om hom polisiestasie toe te neem, waar hy dadelik in hegtenis geneem is.

Die beampte sal in aanhouding bly tot 21 September wanneer hy na verwagting om borgtog aansoek sal doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

annette duvenhage ·

Die samelewing het mal geword….die satan seevier behoorlik.

Sandy ·

Siestog, hoe braaf van die arme ding, om homself oor te gee aan die polisie, wonder of hy dink hy gaan nou ‘n medalje kry daarvoor. Mag hy die straf kry wat hom toe kom!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.