Polisiebeampte in hof vir korrupsie

polisie 2ʼn Senior polisiebeampte het in die Johannesburgse landdroshof verskyn nadat hy glo geld van ʼn sakeman geëis het.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê die 53-jarige beampte is op borgtog van R5 000 vrygelaat en sal weer op 25 April in die hof verskyn. Die beampte is Donderdagoggend in hegtenis geneem nadat die sakeman die Valke genader het en beweer het dat die polisiebeampte hom teister en geld van hom eis. Die beampte, wat glo tussen November 2012 en verlede maand R22 000 ontvang het, beweer dat hy veiligheidsdienste aan die sakeman verskaf het. Ramaloko sê die beampte het glo veiligheidsdienste aan die sakeman verskaf nadat laasgenoemde in hegtenis geneem is nadat hy glo ʼn ander man met ʼn vuurwapen aangehou het. Die aanklagte teen die sakeman is egter later teruggetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.