Polisiebeampte in huis doodgeskiet  

Argieffoto: SAPD

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn polisiebeampte verlede week in sy huis in Mthatha in die Oos-Kaap doodgeskiet is nie.

Die 48-jarige sers. Mphakameli Mazinywana en sy vrou was Vrydagaand in hul huis in die Payne-woonbuurt toe onbekende verdagtes skielik toegeslaan het.

Volgens brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, het die verdagtes ʼn deur oopgeskop en Mazinywana se vuurwapen geëis. “Hulle het hom in die bolyf geskiet en met sy dienswapen van die toneel gevlug. Die beampte het aan sy beserings beswyk.”

Mazinywana was aan die Mthatha-Sentraal-polisiestasie verbonde. Kinana het gesê die motief vir die moord word ondersoek en dat sake van moord en huisroof aanhangig gemaak is.

Die polisiebestuur in die Oos-Kaap het hul medelye met die beampte se familie en naasbestaandes betuig.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het haar skok oor die voorval uitgespreek.

“Die SAPD het ʼn held verloor, ʼn pa en ʼn dienaar van die gemeenskap. Ons is platgeslaan, maar sal die skuldiges kry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Anoniem ·

Geen respek meer vir die Polisie deur hul eie mense nie. Dit is darem pateties.

Stofdonkie ·

Julius Malema het mos vir sy ondersteuners gesê om die polisie beamptes in hulle huise te gaan aanval, nou gebeur dit en niemand verstaan hoekom nie. Hierdie is nou deur en deur ‘n saak wat op julius se skouers moet val.

Misky ·

Dieselfde gedagte by my opgekom terwyl ek lees. Daai drommel kan mos sê net wat hy wil in die publiek en sekere mense neem hom nie ernstig op nie. Klappe gaan te laat van die oë afval

Phillip ·

Dis priesies wat deer my gedagte gegaan het toe ek die berug gelees het .

Stofdonkie ·

En… nog ‘n polisie wapen is weg. 12025 en die syfer loop net op.

Genis ·

Ek stem, Julius se kill the boer, en dit gebeur… toe se hy, ons sal die Polisie manne in hulle huis doodmaak, en hulle wapens vat… dit gebeur.. Maar Mal-lemma loop vrylik rond en doen nog steeds uitlatings… ANC se skoot-hondjie

Smurf ·

Die hele ding gaan oor vuurwapens….dit is die eerste ding wat hulle eis met n enige roof. Almal van hulle swaai deesdae vuurwapens rond en skiet voor die voet dood. Nou wil die ” honrible comrade” ons wapens boonop ook nog wegvat !!! Dalk moet hy n voorbeeld stel en van “sy” bbp beskerming en veiligheidsmatrieels ontslae raak en vir ons wys hoe dapper hy is ???

Hennie ·

Dis jammer dat enige iemand so aan sy einde kom. Maar hierdie kan voor die deur van die hoof polisie/mafia baas, Bheki Cêle gelê word. Bitter min mense het deesdae respek vir die gereg, so die skietdood van ‘n polisie beampte word ‘n alledaagse gebeurtenis…net nog ‘n bloujob dood! Die kultuur van rampokker moet vinnig aangespreek word, anders word ons ‘n 2de Mexico!

Willem ·

Volgens Cele en die SAPD se logika moet alle polisiemanne nou verbied word om vuurwapens te hê – misdadigers vat dan die wapens by hulle af! Wat vir privaatmense geld moet tog vir almal geld want ons is mos ‘ n “ equal society”!

Phillip ·

Wil net weer eens weet dienspestool gevat moet dit nie ingehaadig word as hulle van diens af is . En as hy in Diens was wat het hy by sy hius gesoek moes dan mos gewerk het

Andre ·

ANC regering! nog’n polisie beampte wat met sy lewe boet omrede julle geensins’n idee het hoe wetstoepassing moet werk nie wat tot gevolg het dat daar geen dissipline en respek en vrees is vir die arm van gereg nie.. Ook kan ek nie hoop dat julle gewete julle sal pla nie want dit blyk daar is geen gewete nie. DIE DOODSTRAF ANC; DIE DOODSTRAF vir sulke lafhartige dade maar julle weet mos beter !

Maggies ·

Ons weet mos wie kom die blaam toe. Hierdie polisiemag was seker nie korrup nie. Mag sy siel in vrede rus.

Persheks Adri ·

Mal-emma het gesê hy gaan vir die SAPS ouens by hulle huise en hoed doen steeds niks nie! Kan nie eers sy eie mense oppas nie wat nog van ons as publiek?

Nóg ‘n wapen in die hande van kriminele, maar jy wil ons ontwapen hoed!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.