Polisiebeampte in Soweto vermoor

(Argieffoto bloot ter illustrasie: Hansie Linde)

’n Gautengse polisiebeampte is Saterdag kort na 22:00 in Freedom Park, Soweto, doodgeskiet en van sy vuurwapen beroof.

Die beampte, wie se naam nie bekendgemaak is nie, was nie tydens die voorval aan diens nie. Hy was aan die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings in Orlando verbonde.

Nog twee polisiebeamptes is dieselfde aand in ’n afsonderlike voorval in Akasia, Pretoria, geskiet en gewond. Albei word tans in ʼn hospitaal behandel. Die aard en omvang van hul beserings is nie bekend nie.

Dié beamptes is aan die polisie se Pop-eenheid verbonde en was besig om uitbreiding 6 van dié gebied in ’n polisie Nyala te patrolleer. Onluste het glo vroeër die dag weens uitsetting in die omgewing uitgebreek.

Die Nyala se voorwiele is ook in die voorval beskadig.

Volgens kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, word sake van moord, poging tot moord en opsetlike saakbeskadiging tans ondersoek.

Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie, hoewel die polisie tans met ’n intensiewe soektog na die verdagtes besig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Charlotta ·

En dan wil hulle nie vir ons, wetsgehoorsame burgers, lisensies gee as ons dit vir selfverdediging wil gebruik nie.

Outspoken ·

Hierdie kriminele is besig om die polisie lede een vir een uit te haal, hulle wil ‘n vrees skep onder die polisie lede en so doende seker maak daar is geen weerstand van die bietjie lede wat nog eintlik hulle werk doen nie.

Harley Davidson ·

Ek glo nie daar is enige weerstand want die wat nog hulle werk doen is soos een korreltjie sand op die strand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.