Polisiebeampte in Tzaneen doodgeskiet

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiebeampte is doodgeskiet toe hy reageer het op ʼn toneel in Dan-uitbreiding buite Tzaneen im Limpopo, waar ʼn rooftog aan die gang was.

“Ao Jan Homu (52) van Ritavi-polisie in Nkowankowa is geskiet toe hy omstreeks 02:45 ondersoek ingestel het en op soek was na die oortreders,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy is een keer in die regterheup getref. Hy het op die toneel aan sy beserings beswyk terwyl ʼn paramedikus hom behandel het.”

Homu se kollega is ongedeerd.

Die oortreders het met twee plasma-televisiestelle en klere gevlug. “ʼn Taakspan is saamgestel om die oortreders te identifiseer en in hegtenis te neem,” het sy gesê.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het sy meegevoel betuig met Homu se familie. Hy doen ʼn beroep op lede van die gemeenskap, wat oor inligting beskik wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, om na vore te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lance ·

Ja en byna 50 mense elke dag in SA word vermoor …baie meer as die selfmoord aanvalle in die middeooste …maar dis sonder faal op die hoof nuus as dit gebeur …waneer gaan die polisie bq bykom en eintlik die land se burgers begin beskerm …of is dit vra vir wors in n hondehok ….sorry maar ek dink die polisie is useless verby !!! Hoekom het Botswana nie die probleem nie ….ja want hulle het die doodstraf …hallooo !!!

JR ·

Rus in vrede adjudand Humo. Jy is die tweede AO. in sy vyftiger jare wat sy lewe afle binnne twee weke. Dankie dat jy reg en ongeregtigheid gedien het. Sterkte aan die familie, vriende en kollegas. Ons het meer nodig soos jy.Ek Salueer jou !!!

Duitswes ·

Lance jy is so reg met jou stelling oor die ‘DOODSTRAF’! Dit is tragies verby!
Mag hierdie geregsdienaar se familie vertroosting vind in ons Vader se arms.
Suid van die Sahara staan die Botswana Regering bodemvas en troon uit soos Tafelberg in die Kaap…waar het hul geleer en hoe het hul by hul sukses “African Dream” uitgekom…lui dit nie ‘n klokkie nie?????

Vince ·

Eish…another comrade falls…the thing is it’s not worth to die for earthly belongings which the insurance will cover in most cases. Goods can be replaced but a life not…

Karolis ·

Een keer in die regterheup geskiet kan tog nie fataal wees nie.
Is daar nie meer feitlike gegewens vanaf Kol. Otto nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.