Polisiebeampte op pad werk toe doodgeskiet

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiebeampte verbonde aan die King Shaka-lughawe, noord van Durban, is Dinsdag doodgeskiet toe hy op pad werk toe was.

Kol. Thembeka Mbhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 04:00 in Folweni plaasgevind.

“Konst. Joseph Mondii Chiliza (38) het sy huis in die Phola-woonbuurt verlaat en na die naaste busstop geloop toe hy deur ʼn onbekende aantal verdagtes oorval en geskiet is. Hy is in die kop, nek en bors geskiet, waarna die aanvallers sy dienspistool gesteel en sy liggaam teen ʼn wal afgegooi het,” het Mbhele gesê.

Die Folweni-polisie ondersoek ʼn saak van moord. ʼn Volskaalse soektog na die verdagtes is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

AL ·

Die regering moet drastiese stappe doen om hierdie sinnelose geweld in SA te stop. Amerikaanse polisie glo wanneer jy n polisieman aanval, is jy in staat om enige iemand dood te maak. Hierdie aanvallers is n uiterste gevaar vir ons samelewing.

Vink oppie tak ·

Dis so sleg……Maar daar is absoluut geen vrees vir misdaad oortreders nie. Hulle is nie bang om in tronk net te sit, dit is glad nie n straf. Solank daar geen wet of maatreel is wat n krimineel werklik bang maak, gaan dit nooit maar nooit ophou….!!! Tyd dat misdadigers weer werklik gestraf word. …..!!!!

Theresa ·

Wat ‘n sinnelose moord. ‘n Geregsdienaar se moordenaars moet ten alle koste gevang en gestraf word. Hul het minder as min respek vir die reg. Wys asb die gesigte van hierdie kriminele die oomblik wanneer jul mag. Die wet gehoorsames het die reg om te sien wie so optree.

Tanya ·

Enige persoon se moordenaars moet ten alle koste gevang en gestraf word. Nie net geregsdienaars nie.

Jean ·

Gaan die REGERING nou iets doen? Dit is mos heeltemal in orde as wit boere doodgemartel word, maar sodra ‘n polisieman of ‘n ONWETTIGE IMMIGRANT iets oorkom word daar ondersoekspanne aangestel, daar word toesprake gehou, ministers word ingevlieg, dit word ten sterkste AFGEKEUR, en onmiddellik moet daar maatreels in plek gestel word om dit te BEKAMP? Die regering se GEBREK aan optrede jeens moordenaars wat plaasboere aanval en vermoor het ook tot gevolg dat ander misdade in stede uitkring, so ongelukkig gaan dit hier oor ‘n beginsel, as jy nie die misdadiger wat op die plase mense vermoor en aanval in sy spore stop nie, gaan jy ook nie ‘n ander een stop nie. Wens net die regering en polisie wil verstaan, dit gaan oor WETTELOOSHEID, dis maklik om te se dit is maar net ‘n wit boer, te h#l met hom, maar wanneer dit swartmense raak soos in xenofobiese aanvalle en swart polisiemanne wat afgemaai word, dan trek dit aandag en word dit condemn. Either condemn ALL attacks or let it BE! Dit is die boodskap wat julle uitstuur wat saakmaak.

Versoek ·

Mnr. die president, daar sal deur jou en julle ‘n plan gemaak moet word en dit tot uitvoering bring in hierdie wettelose land van jou.

Johan. H. ·

Een moord is een teveel, maak nie saak of jy n polisie man of n boer of net n gewone mens is nie, NIEMAND is spesiaal nie, Wat maak enige persoon beter as n ander. Vang die moordenaars en ,,,,,

Louise ·

Nee Johan, ek stem saam met Jean! Dit gaan nie oor wie en wat is spesiaal nie.
Dit gaan oor al die dekking wat n ander party kry en wanneer n WIT mens dood gemaak word is dit maar OKAY want ons het mos gevra daarvoor in die APARTHEIDSJARE en die minder bevooregde baklei maar net vir hulle toekoms en dis reg, Moord is moord en alle partye moet alle aandag geniet hoe ookal nie net selektief nie. n wit mens mag nie EERS hulle Self op hulle EIE eiendom beskerm nie. wat se dit vir n mens.

mona ·

Anargie. Maar omdat die polisiemanswart is sal hulle nie borg kry nie. As hulle gevang word. Dit werk nie so as dit witmense is wat vermoor word nie. Ek is jammer vir die verlies en die gesin.

Leon ·

Ek praat onder korreksie. Die stelsel waar polisie beamptes met staatsvoertuie by hul huise opgetel word moet teruggebring word. Dis na my mening onveilig vir n polisieman om alleen te beweeg veral wanneer hy in uniform is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.