Polisiebeampte se lyk en uitgebrande motor gevind

Konstabel Thato Makhoana. Foto: SAPD

ʼn Polisiekonstabel van Noordwes se liggaam is Woensdag gevind nadat hy vermis geraak het toe hy glo onderweg was om vir sy suster te gaan kuier.

Konst. Thato Makhoana (26) se liggaam is omstreeks 18:00 langs die pad in die Slurry-omgewing buite Mahikeng gevind. Dit blyk dat hy verskeie kere geskiet is.

“Volgens ons inligting het Makhoana Woensdagoggend aangedui dat hy vir sy suster in Zeerust gaan kuier,” het brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, gesê.

ʼn Vermistepersoon-saak is by die Mahikeng-polisiestasie aanhangig gemaak nadat Makhoana nie in Zeerust aangekom of sy selfoon geantwoord het nie.

Foto: SAPD

Sy uitgebrande Toyota Corolla is later in Majemantsho in die Lomanyaneng-polisiëringsgebied gevind. Makhoane was aan die Mmabatho-polisie verbonde.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris, het die moord op Makhoana ten sterkste veroordeel. Hy het sy medelye met Makhoana se familie en kollegas betuig.

Die polisie het sy 72 uur lange aktiveringsplan in werking gestel om Makhoana se moordenaar(s) vas te trek.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om AO Modise Thaga by 082 374 2417 of Stop Misdaad by 08600 10111 in kennis te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anel ·

Hiekim word daar nie met alle moorde ‘n 72 uur plan geaktiveer nie?

Misky ·

Tragies dat dit moes gebeur.

Ek merk egter al meer op hoe staatsdienswerkers en die ministers vir familie kan kuier, begrafnisse van meer as 50, rook in die publiek en so gaan die lys aan. Is ek in die duister omdat ek dink ek hou by reels en net by my huis bly, maar is die lockdown verby en hoe het dit gemis???

Elsie ·

Ons mag nie vir ons families gaan kuier nie en ook nie die grense oorsteek nie, maar hulle mag wel. Hoe kry hulle dit reg?

Boortor ·

Simpatie. Maar hy mag vir sy suster gaan kuier en ek mag nie? Wat is verkeerd hier? Ek verstaan glad nie. Help my uit cyril. Gee my n leidraad. Wat is die antwoord cyril?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.