Polisiebeampte sedert Sondag vermis

Michael van der Watt.

Die polisie in die Oos-Kaap is dringend op soek na sers. Michael van der Watt (35) wat Sondag vermis geraak het.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê Van der Watt is laaste gesien deur ʼn kollega wat hom Sondagoggend ná ʼn nagskof by die huis gaan aflaai het.

Van der Watt is as vermis aangemeld deur sy vrou wat nie van hom gehoor het sedert Sondagaand nie.

Van der Watt, wat ook ʼn fietsryer is, is ʼn beampte by die Motherwell taktiese reaksie-eenheid.

“In dié stadium is alle inligting baie onduidelik en volg die polisie alles op,” het Naidu gesê.

Volgens Naidu het bure beweer hulle het Maandagoggend iemand die huis sien verlaat in fietsryklere.

Volgens die polisie is Van der Watt se fiets ook vermis maar al sy persoonlike items soos sy selfoon is by die huis.

Die polisie se honde-eenheid en die lugvleuel is betrokke by ʼn soektog langs die fietsryroete by Draaifontein, Schoenmakerskop en Groenbossies.

Die polisie het enigiemand met inligting gevra om die Kabega Park-polisiestasie te skakel by 041 397 6801/02.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

AL ·

Vreemde weersprekings. Is Kabegapark nie ook waar Jade panatiou vermis geraak het voordat sy dood gevind is nie?

Suzie ·

Ek verstaan nie….. hy het Sondagoggend by die huis gekom en sy vrou het niks van hom gehoor sedert Sondagaand nie – was sy dan nie tuis nie? maar die bure het weer iemand in fietsklere gesien die maandagoggend?

Asjas ·

Sy vrou was nie tuis nie. Sy het by haar ouers gekuier. Moet asb nie ook Wilde aanames maak soos wat alreeds op Facebook gedoen is nie. Sterkte aan die familie in hierdie moeilike tyd.

Dirk ·

Hy is Sondag oggend by die huis afgelaai na ‘n nag skof. Hy het toe gaan fiets ry. Toe hy teen 10h00 nie terug gekom het nie, het sy vrou onraad vermoed. Kabega Park is baie groot. Jayde Inngs se saak en hierdie saak hou nie verband met mekaar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.