Polisiebeampte skiet glo drie dood in Limpopo

(Argieffoto: Maroela Media)

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) het Maandag die misdaadtoneel in Dennilton, Limpopo, oorgeneem om ondersoek in te stel ná ʼn voorval van polisie-optrede vroeër die dag.

Ndileka Cola, woordvoerder van Opod, sê ʼn polisiebeampte het glo drie mense doodgeskiet. “Opod se ondersoekspan is ontplooi om te bepaal wat gebeur het. Die span is steeds op die toneel. Meer besonderhede sal later bekendgemaak word sodra die voorlopige ondersoek afgehandel is.”

Dennilton is sowat 30 km suidwes van Groblersdal geleë.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elize ·

Het ons nog ‘n minister van polisie? Die man is darem baie stil!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.