Polisiebeampte skiet glo juffrou, homself

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Polisiebeampte van Mthatha in die Oos-Kaap het homself glo doodgeskiet ná ʼn onderonsie met ʼn juffrou in Qumbu.

“Die 58-jarige adjudant-offisier, wat deel was van Mthatha se openbareorde-eenheid, het die 45-jarige vrou Maandag tydens die voorval geskiet en gewond,” het kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, gesê. “Dit het omstreeks 12:00 by die skool in Qumbu gebeur. Die beampte het homself vermoedelik daarna doodgeskiet. Hy is op die toneel dood.” Hy was nie aan diens ten tyde van die voorval nie.

Die onderwyseres is na ʼn hospitaal in Mthatha gehaas.

“Die motief vir die skietery is onbekend en vorm deel van die ondersoek,” het Soci bygevoeg.

Mali Mtima, provinsiale woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê die departement hanteer die saak. “Die departement stel ʼn verslag op en ons bevestig dat ons saam met die polisie werk,” het Mtima gesê. “Daar is berading vir personeel by die skool gereël.”

Dit is nie bekend of die onderwyseres en die oorledene verwant was aan mekaar nie.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa B ·

Liewe hemel tog. Kan niemand meer ‘n problem soos ‘n ordentlike opgevoede mens oplos nie! Moet daar altyd geweld by betrokke wees. Altyd die maklikste uitweg…………………….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.