Polisiebeampte skiet vrou, homself

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiekonstabel van Pudumoe in Taung, Noordwes, het Dinsdagaand sy vrou, ʼn polisiekonstabel van Seven-polisiestasie in Kuruman in die Noord-Kaap, doodgeskiet voor hy homself geskiet het.

“Die voorval het in Taung plaasgevind waar die egpaar, konst. Neo Patrick Galodikwe (31) en konst. Lillian Galodikwe (30) bly,” het sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Volgens die voorlopige ondersoek het die man sy vrou ʼn paar keer met sy amptelike polisiewapen geskiet voor hy self weens ʼn enkele skoot gesterf het.”

ʼn Buurman het gisteraand omstreeks 22:30 die skote gehoor. Uit nuuskierigheid het hy vanoggend gaan ondersoek instel en gesien die huis se deur staan oop. Hy het die twee se liggame in die sitkamer aangetref.

“Dit is nie duidelik waarom ons lid hierdie besluit gemaak het nie,” het lt.genl. Zukiswa Mobombo, provinsiale polisiekommissaris, gesê. “Ons is baie hartseer. Ons doen ʼn beroep op ons lede om van die personeelwelstandsdienste gebruik te maak indien hulle persoonlike uitdagings beleef. Ons het goed gekwalifiseerde maatskaplike werkers wat altyd beskikbaar is om hulle by te staan.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en sal ʼn geregtelike doodsondersoek doen.

Maroela Media het vroeër berig ʼn man van Rustenburg, Noordwes, het Dinsdagoggend sy vrou, ʼn geliefde onderwyseres in die dorp, doodgeskiet voor hy homself geskiet het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

“Voor hy homself geskiet het” is eintlik logies dat dit nie maklik andersom kon wees.
Wat van “‘n polisiekonstabel . . . .het sy vrou doodgeskiet en homself noodlottig geskiet” (of so-iets?)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.