‘Polisiebeampte’ slaan toe op biskop se huis

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Die polisie in Giyani in Limpopo is op soek na ʼn man wat homself as ʼn polisiebeampte voorgedoen en ʼn plaaslike biskop van ʼn groot bedrag kontant beroof het.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die man het by die biskop se huis opgedaag en die biskop se vrou daarvan beskuldig dat sy ʼn dwelmhandelaar is. “Hy het omkoopgeld van die gesin geëis om te verseker dat hulle nie in hegtenis geneem word nie. Hy het ʼn bedrag kontant van die gesin gesteel en daarna verdwyn.”

Die polisie is ontbied en daar is bevind die man is ʼn bekende persoon in die omgewing. “Hy is egter in hierdie stadium steeds voortvlugtig.”

Die polisie versoek Chisa Gezani Thomas Rivombo, wat in Jimmy Galalume buite Giyani woon om by die Giyani-polisiestasie of naaste polisiestasie aan te meld om hulle met hul ondersoek by te staan.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.