Polisiebeampte sterf aan diens

Argieffoto

ʼn Konstabel van De Deur-polisie in Gauteng is Donderdagoggend noodlottig gewond toe hy ʼn vermeende dwelmhandelaar wou aankeer.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê ses beamptes van De Deur het omstreeks 10:00 toegeslaan op vermeende dwelmhandelaars by Weilers Farm (Majazana). “Twee verdagtes is opgemerk en hulle het weggehardloop. Drie beamptes het hulle agterna gesit en die verdagtes het toe in verskillende rigtings gehardloop,” het Dlamini verduidelik.

“Een van die beamptes het een van die verdagtes agternagesit en hulle het in ʼn plakkershuis opgeëindig. Die beampte is tydens ʼn konfrontasie met ʼn skerp voorwerp aangeval en hy het noodlottige beserings opgedoen. Die verdagte het sy dienspistool afgeneem.”

Nog twee polisiebeamptes was kort op hulle hakke en het ʼn skoot gehoor. “Hulle het dadelik die verdagte met ʼn vuurwapen gesien. Hulle het ook ʼn skoot afgevuur, maar die verdagte het weggehardloop. Hy het oor ʼn paar heinings gespring en uiteindelik geval. Die beamptes het bevind hy het ʼn skietwond in sy maag opgedoen. ʼn Mes is in sy besit gevind. Hy het die konstabel se vuurwapen in ʼn toilet weggesteek.”

Die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) is na die toneel ontbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

George in Bloem. ·

Geen respek vir niks of niemand meer in hierdie land nie. Die regering het reeds die stryd teen misdaad verloor en die SAP en doodgewone hardwerkende wetsgehoorsame burgers betaal elke dag met hulle lewens vir hierdie patetiese ANC regering se totale mislukking en onbevoegdheid om hulle mandaat uit te voer.

INA ·

Toe moes nòg ñ polisieman sý lewe verloor; & dìt àls te danke aan dwelms!!!

Saint ·

Dit het seker tyd geword dat die betekenis van “mandaat” onder die bevolking bekend gemaak word soos wat met “demokrasie” gebeur het.
Twee nuwe woorde in ca 20 jaar – dink net hoe lank dit gaan kos om by verantwoordelikheid en afgeleide woorde uit te kom.
Dan is sommige mense nog hardleers daarby.

Kobie Welgemoed ·

Die polisie het ‘n moeilike taak. Moet skelms vang maar as hulle skiet is daar ‘n ondersoek omdat ‘n skurk se mense regte geskend is. Polisie moet soos skerp skutters opgelei word en eers skiet en dan vra. Ons land kan nie meer misdaad bekostig nie. Skiet dood en maak klaar.

schaun ·

Die boere word ook aangeval terwyl hulle aan diens is maar polisie het die mag om iets daaraan te doen kom ons kyk.

MW ·

RIV Dis die laaste werk wat ek sou wou doen. Jy kyk basies die dood elke dag in die oë, watter bose kringloop. Een kant moet jy wet en orde poog handhaaf en aan die ander kant sit die dwelmvervaardigers en -handelaars hul hande en vryf. Die gemors sal definitief ook nie ‘n polisieman poog beskerm nie

Wonder Woman ·

Geen parool!!!! Doodstraf moet terug!!!!! Ons tronke is vol (oorvol) en kerke leeg…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.