Polisiebeampte sterf in ongeluk

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiebeampte is dood en nog een beseer nadat hulle in ʼn ongeluk was op die R503 tussen Mahikeng en Lichtenburg in Noordwes.

Shping Sebolecwe, woordvoerder van die departement van vervoer, het gesê die bestuurder van die bakkie het beheer verloor nadat hy ʼn vragmotor probeer verbysteek het.

“Volgens die verkeersowerhede op die toneel het die bestuurder besef daar is ʼn motor wat van voor af kom, en het dit glo veroorsaak dat hy beheer verloor het,” het Sebolecwe gesê.

“Die bestuurder is kritiek beseer en is deur die nooddienste na ʼn hospitaal gehaas.” Gaoage Molapisi, LUR vir gemeenskapsveiligheid en verkeersbestuur in Noordwes, het gesê die regering verloor bates weens padongelukke.

Hy het gesê motoriste moet oplettend en versigtig wees en aan altyd aan die verkeersreëls voldoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.