ʼn Polisiebeampte is Saterdagoggend dood nadat die polisievoertuig, waarin hy en drie ander beamptes gery het, in ʼn botsing met ʼn bus betrokke was.
Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die ongeluk het Vrydag omstreeks 14:30 in Prince Mcwayizeni weg, by die Reunion-treinstasie in Umlazi buite Durban, plaasgevind.
“Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die polisie ondersoek.” Paramedici van Rescue Care en EMRS het die polisievoertuig se wrak in die pad aangetref en die bus teen ʼn betonheining aan die kant van die pad.
“Twee van die polisiebeamptes was in die voertuig se wrak vasgekeer. Die polisie se soek-en-reddingseenheid en die Durbanse brandweer is ontbied om te help.”
Paramedici het noodhulp toegepas terwyl reddingswerkers hulle uit die wrak gesny het. “Nadat die mans bevry is, is hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die ander twee beamptes is ook hospitaal toe geneem.”
Jamieson het gesê altesaam 26 mense in die bus is ook beseer en is na hospitale in die omgewing geneem.
Die bestuurder van die polisievoertuig het Saterdagoggend aan sy beserings beswyk.
Maroela Media het navraag by die KwaZulu-Natalse polisie gedoen en wag nog vir terugvoer.
Sal nie weet wie het fouteur nie.
Maar eerlik, ek was self gesraand in n noue ondkoming toe n Poliesie vourtuig n u draai reg voor my ge maak het. Roekeloos
Wonder ook wie was skuldig. Sal maar moet wag vir die ondersoek wat die Polisie se ondersoek span mee besig is. Sterkte aan die familie en geliefdes van die oorledenes. Vir die ander be seer design wens ek n spoedige herstel toe.
ten minste was daar nie n taxi betrokke nie.
Jaaaaa ek het OK eerste vir die taxi gesoek
Min verskil tussen polisievoertuig en taxi. Beide roekeloos en steur hulle nie aan reg of verkeerd.
Busse is net so erg