Polisiebeampte sterf; nóg een gewond in Limpopo

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Offisier met die rang van luitenant-kolonel in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is Sondag voor sy huis doodgeskiet toe hy tuisgekom het van die werk. Die voorval het plaasgevind in Dzwerani buite Thohoyandou in Limpopo.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die offisier, verbonde aan die Thohoyandodu-polisie, is deur twee verdagtes aangeval en doodgeskiet. Die amptelike motor waarmee hy gery het, is ook gesteel.

Die polisie is gemobiliseer en het met ʼn soektog na die aanvallers begin.

“Terwyl die soektog aan die gang was, het die polisie nog ʼn berig ontvang van dieselfde verdagtes wat glo die sekuriteitswagte van die Mpheni-kliniek, Waterval-kliniek, Mbhokota-kliniek en Bungeni-gesondheidsentrum beroof het van vier vuurwapens. Die verdagtes is teen 00:45 by die Universiteit van Venda gewaar,” het Ngoepe gesê.

Daar het ʼn skietgeveg tussen die verdagtes en die polisie uitgebreek en ʼn konstabel is in die proses geskiet en ernstig gewond.

Enigiemand met inligting oor die verdagtes kan kapt. Mashamaite by 071 675 9928 bel.

Sake van moord, poging tot moord en roof word ondersoek.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eish ·

Onwettige vuurwapens, sluipmoordenaars. Die regering pluk n lat vir homself met die onbeheerste wapendiesfstal, en agterlosige verlies van staatswapens.

Gys ·

Die polisie se veiligheids toerusting is in n uiterse swak toestand. Het by 2 geleenthede gesien hoe hulle koeel vaste baatjies gehawend is . Die plate word vas gehou met cableties en die een wil al uitval weens erg beskadige omhulsel. Het al gevra wat aangaan en was ingelig dat hulle al 3 maande wag en niks kry nie.
Dan huil ons regering as ons land se polisie dood geskiet word of gewond word.

Willem ·

Ons land is besig om in ‘n see van misdaad en wetteloosheid te verdrink. Die polisie kan nie eens hulself beskerm nie wat nog te sê van die gewone mense??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.