Polisiebeampte tydens boendoegeregtigheid doodgeskiet

Argieffoto

Sers. Patrick Mthobeni is Saterdag in Piet Retief in Mpumalanga doodgeskiet toe ʼn groep gemeenskapslede hul eie boendoegeregtigheid wou toepas.

Kol. Brenda Muridili, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes is na ʼn toneel ontbied waar twee mans deur die gemeenskap aangerand word. Hulle het die twee mans van rooftogte in en om die taxistaanplek beskuldig.

“Terwyl die beamptes die gemoedere wou kalmeer, het ʼn skoot afgegaan en Mthobeni is getref. Hy is na ʼn hospitaal geneem waar hy met aankoms by die hospitaal dood verklaar is,” het Muridili verduidelik. “Toe die skare verdaag het, is een van die verdagtes dood aangetref op die grond. Die tweede verdagte is na ʼn hospitaal geneem waar hy ook aan sy wonde beswyk het.”

In ʼn afsonderlike voorval het konst. Nkosingiphile Ninela, wat saam met Mthobeni op die voorval reageer het, ná werk by sy huis aangekom waar hy en ʼn familielid begin baklei het. “Die familielid het na bewering Ninela se dienspistool gebruik en hom ʼn paar keer in die rug geskiet. Hy is tans in ʼn kritieke toestand in die hospitaal. Die familielid is in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord.”

Lt.genl. Bonang Mgwenya, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het die boendoegeregtigheid veroordeel. “Boendoegeregtigheid kom neer op ondermyning van die outoriteit van die staat. Die polisie het ʼn mandaat van die Grondwet om die wet te onderhou. Die lede van die gemeenskap wat verantwoordelik is vir die dood van die polisiebeamptes en nog twee persone sal opgespoor en in hegtenis geneem word.”

Mgwenya het sy meegevoel betuig met die familie van die oorlede polisiebeampte en wens die beseerde polisiebeampte spoedige beterskap toe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Petrus Heigers ·

Dit is ongelukkig die gevolge van swak polisie teenwoordigheid. Niemand het meer respek vir die polisie nie. of hulle optrede nie!

Andrea van Vuren ·

Ten minste tree die boendoehowe op en daar word geregtigheid gehandhaaf, anders as ons howe vandag wat net mooi alles uitstel totdat die volk begin vergeet. Zuma ‘n voorbeeld.

Sjn ·

Is dit nie juis die probleem dat die mandaat van die grondwet nie deur die sapd uitgevoer word nie.

chrisjan ·

“Die polisie het ‘n mandaat van die GRONDWET om die wet te ondehou”.Snert!Hulle onderhou die wet waar dit hulle pas.Kyk al die geweldadige betogings wat plaasvind en die polisie staan en “monitor” die situasie?EN hoekom vind daar “boendoe geregtigheid” plaas?Want die gemeenskappe in die land het GEEN vertroue in die polisie meer nie.

Hendrik ferreira ·

Ek glo ook nie meer in die polisie of die piesangrepubliek se wette nie ek dink ons moet die SAMCRO wette begin toepas

Sarel ·

Selfs wet gehoorsame burgers kan net solank stil sit, hul hande vou en misdadigers ongestoord hul vernietings werk laat doen. Die polisie kan/gaan ons nie meer beskerm nie. Doen dit reeds vir jare nie meer nie.

Alida ·

Jammer oor die lid se dood. Die polisie moet wegbly uit sulke situasies hulle sorteer vinnig die skuldige uit.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.