Polisiebeampte vas ná skietdood van tiener

(Argieffoto: SA Polisie)

ʼn Polisiebeampte wat glo op sy bure se huis in Seshego in Limpopo losgebrand en ʼn 16-jarige kind doodgeskiet het, is Vrydag in hegtenis geneem.

Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), sê dié eenheid ondersoek nou die voorval.

Die polisiebeampte het wakker geword weens swaar reën en water wat by sy kamer ingestroom het. Hy het glo iemand gevra om hom, sy vrou en hul kind te kom oplaai en na Lethulipark te neem, het Cola gesê.

Toe hierdie persoon by die huis aankom, het die polisiebeampte glo sy vrou en kind na die voertuig geneem. Hy is daarna terug na die huis, waar ʼn vrou en haar 16-jarige dogter ʼn kamer huur.

Hy het na bewering verskeie skote deur hul deur afgevuur. Een daarvan het die tiener getref en sy is dood. Waarom die beampte die skote afgevuur het, is onduidelik.

Volgens Cola is die polisie na die toneel ontbied en die voorval is onder Opod se aandag gebring. Die beampte het glo reeds die vuurwapen uitgewys waar hy dit na die skietery versteek het.

Die polisiebeampte verskyn na verwagting Maandag in die Seshego-landdroshof op aanklag van moord en regsverydeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vrystaat2109 ·

En waar is BLM en EFF nou?? Swart op swart moord?? nog ‘n jongmens vermoor en geen optogte nie!!

Johan ·

Nog ‘n misdadiger in polisie-uniform! Hoed moet maar kom verduidelik hoe is hul keuringsproses vir hierdie useless mense…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.