Sers. David Hoffman, ʼn 40-jarige beampte van die teenbende-eenheid van die polisie, is Saterdagaand in Franschhoek in die Wes-Kaap doodgeskiet. Hy was nie aan diens toe hy geskiet is nie.
Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, het gesê Hoffman was by ʼn perseel in Skoolstraat toe hy deur ʼn groep gemeenskapslede gekonfronteer is.
“Polisiebeamptes is na die toneel ontbied en skote is gevuur. Toe die skote gevuur is, was Hoffman se kollega by hom,” het Potelwa gesê. “Die kollega, ʼn 41-jarige beampte, is in aanhouding. Die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) stel ondersoek in.”
Die polisie kon nie bevestig waarom die gemeenskap Hoffman gekonfronteer het nie.
Lt.genl. Sindile Mfazi, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het sy meegevoel met Hoffman se familie betuig namens die bestuur van die SAPD.
Revenge, tragies, geen wet en orde
My innige meegevoel aan familie en vriende. Mag jul krag ontvang van Bo